Verskil tussen weergawes van "Koios"

2 grepe verwyder ,  5 jaar gelede
Opruim
k (Verplasing van 42 interwikiskakels wat op Wikidata beskikbaar is op d:q182837)
(Opruim)
Soos die meeste van hulle het hy nie ’n aktiewe rol gespeel in die Griekse godsdiens nie; hy verskyn net in lyste van Titane, soos in [[Hesiodus]] se ''[[Theogonie]]'' 133. [[Ovidius]] verwys in ''[[Metamorfoses]]'' (VI.185) na Koios se obskure aard: "[[Leto|Latona]], daardie Titaan wat Koios verwek het, wie hy ook al is". Volgens M.L. West in "Hesiod's Titans" (''The Journal of Hellenic Studies'' '''105''', 1985:174–175) is Phoibe se man Koios " ’n selfs meer obskure karakter".
 
Koios was egter veral belangrik vanweë sy nakomelinge. Hesiodus noem onder andere [[Hekate]], dogter van Asterië. By sy suster [[Phoibe]] het Koios [[Leto]] en [[Asteria]] gehad. Leto het by [[Zeus]], die seun van Koios se mede-Titane [[Kronos]] en [[Rhea (mitologie)|Rhea]] die tweeling [[Artemis]] en [[Apollo (mitologie)|Apollo]] gehad.
 
Koios is saam met die ander Titane deur Zeus en die ander [[Olimpiese gode]] onttroon in die [[Titanestryd]]. Ná die oorlog is hy en die meeste van sy broers en susters na [[Tartaros]] verban.
 
== Verwysings ==
: ''Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Engelse Wikipedia-artikel [http[://en.wikipedia.org/wiki/:Coeus]]''
{{Verwysings}}
 
== Eksterne skakels ==
* [http://www.theoi.com/Titan/TitanKoios.html Koios in die letterkunde]
* [http://www.godchecker.com/pantheon/greek-mythology.php?deity=COEUS Godchecker: Coeus]
* [http://fabpedigree.com/s006/f257071.htm Die stamboom van Koios]
 
{{Griekse mitologie}}