Verskil tussen weergawes van "Herodes die Grote"

949 grepe bygevoeg ,  4 jaar gelede
geen wysigingsopsomming nie
 
[[Lêer:Herod coin.jpg|duimnael|links|'n Munt van 8 prutah uit die tyd van Herodes. Inskrif: ΉΡΩΔOY ΒΑΣΙΛΕΟΣ. Beeld van 'n granaatappel op 'n tripode]]
In 40 v.C. val die Partiërs Palestina aan. Hyrcanus en Phasael probeer om met hulle to onderhandel maar Phasael word gedood. Herodes trek hom terug na die burg Masada en vra [[Marcus Antonius]] om hulp. Die Romeine erken om as die nuwe koning van Judea en Idumaea. Ná 'n stryd om die mag teen Antigonus wat drie jaar duur is hy met M. Antonius se hulp koning. [[Cleopatra VII|Cleopatra]] vra die Romeinse ''triumvir'' om haar Judea te gee, maar hy weier. Na die dood van Marcus Antonius en Cleopatra probeer Herodes -self Romeinse burger- Octavianus te oortuig dat hy 'n betroubare bondgenoot is.<ref name="Bunson"/> Die nuwe keiser gee hem selfs meer gebied en gee hom die kopermyne van Siprus, 'n ryk bron van inkomste. Hy is 'n ryk man wat ook in die buiteland bekend is vir sy filantropiese geskenke. Die skeepvaartnywerheid van Rhodos en die Olimpiese Spele byvoorbeeld word deur hom gesteun.<ref name="Gelb">''Herod the Great: Statesman, Visionary, Tyrant'', {{Aut|Norman Gelb}}, Rowman & Littlefield Publishers, 2013, ISBN 1442210672, ISBN 9781442210677</ref>
 
[[Lêer:Jerusalem_Modell_BW_3.JPG|duimnael|'n Model van Herodes se tempel]]
Die Jode is daarmee nie trevrede nie, omrede Herodes se koninkryk daardeur nog meer 'n Hellenistiese karakter kry. Hoewel Herodes self 'n Jood is -sy oupa het dit geword en hy het ook so grootgeword- is sy moeder Cyprus 'n Arabiese vrou van heidense afkoms, maar in sy tyd is dit nog nie reël dat jou ma Joods moet wees om jouself Jood te noem nie. Herodes volg die wette en rituele van sy geloof. Toe sy suster Salome 'n Nabateeër wil trou wat nie besny wil word nie, verbied hy haar om te trou. <ref name="Gelb"/> In 20 v.C. besluit Herodes die tweede tempel van Jerusalem (Zerubbabel se tempel) te herbou en uit te brei. Hierdie tempel was moontlik net 'n paar jaar voltooi toen hy in 70 ná Christus onder keiser Titus verwoes is. Die tempel is nie die enigste bouprojek nie. Die hawe van Caesarea word omstreeks 22 v.C. uitgebrei. In 25 v.C. is daar droogte en honger in die land. Herodes gebruik sy kontakte met die Romeinse goewerneur van Egipte om groot hoeveelhede graan aan te koop om dit onder die hongerende bevolking te verdeel. In 23 v.C. annekseer hy Trachonitis, Batanaea en Gaulantis wat deur Zenodorus die Ituraeër bestuur was, maar wat 'n tuiste van banditisme geword het. Augustus voeg daar in 20 v.C. nog Paneias aan toe. <ref name="Netzer"/>
 
Tog is daar opstande teen hom, wat hy bloedig onderdruk. Ook in sy eie paleis vloei daar bloed. In 29 word sy vrou Mariamne gedood. enSy twee seuns Aristobulus en Alexander is baie populêr onder die volk omrede hulle seuns is van sy seunsHasmonese vrou Mariamne. Haar dood het baie wrok veroorsaak omrede sy die ou koningshuis verteenwoordig het. Sy seun word beskuldig van ontrou, in Berytus bereg en in 7 v.C. in Sebaste tereggestel. <ref name="Netzer">''Architecture of Herod, the Great Builder'', {{Aut|Ehud Netzer}}, Baker Academic, 2008, ISBN 0801036127, ISBN 9780801036125</ref> 'n Derde seun sterf in 4 v.C., in dieselfde jaar dat Herodes self aan 'n vreeslike siekte beswyk <ref name="Bunson"/>
 
== Herodes in die Bybel ==
22 781

wysigings