Verskil tussen weergawes van "Antieke Griekeland"

geen wysigingsopsomming nie
k (Homerus na Homeros)
[[Lêer:Griechischen und phönizischen Kolonien.jpg|thumb|500px|Die Griekse kolonisasie (750-550 v.C.).]]
[[Lêer:Parthenon from west.jpg|thumb|300px|Die [[Parthenon]], ‘n tempel op die [[Akropolis van Athene|Atheense akropolis]], gewy aan [[Athena]], is een van die mees verteenwoordigende simbole van die kultuur en vakkundigheid van die antieke Grieke]]
'''Antieke Griekeland''' is die beskawing wat ooreenstem met die tydvak van [[Geskiedenis van Griekeland|Griekse geskiedenis]] vanaf die [[Argaïese Griekeland|Argaïese tydperk]] van die 8ste tot 6de eeue v.C., tot en met die [[Romeinse Republiek|Romeinse]] verowering van [[Griekeland]] in 146 v.C. met die [[Veldslag van Korinthe (146 v.C.)|Veldslag van Korinthe]]. Sentraal tot hierdie periode staan [[Klassieke Griekeland]], wat opgebloei het in die 5de tot 4de eeue v.C., eerstens onder leierskap van [[Klassieke Athene|Athene]], waardeur die militêre bedreiging van die [[Grieks-Persiese oorloë|Persiese inval]] afgeweer is. Die [[Era van Perikles]] eindig in 404 v.C. met die neerlaag van Athene onder die aanslae van [[Sparta]] in die [[Peloponnesiese oorlog]].
 
Klassieke [[Kultuur van Griekeland|Griekse kultuur]] het ‘n grondige invloed op die [[Romeinse Ryk]] gehad, wat dan ‘n weergawe daarvan na vele gebiede van die [[MiddelandseMiddellandse seegebiedSee|Middelandse]] seegebied en [[Europa]] oorgedra het, om welke rede Klassieke Griekeland algemeen beskou word as die bronkultuur vir die ontstaan van die [[Westerse kultuur|Westerse beskawing]].<ref>Richard Tarnas, ''[http://books.google.com/books?id=0n2C299jeOMC&lpg=PA25&pg=PP1#v=onepage&f=false The Passion of the Western Mind]'' (New York: Ballantine Books, 1991).</ref><ref>Colin Hynson, ''[http://books.google.com/books?id=hmweq2TyxvsC&lpg=PT5&pg=PT5#v=onepage&f=false Ancient Greece]'' (Milwaukee: World Almanac Library, 2006), 4.</ref><ref>Carol G. Thomas, ''[http://books.google.com/books?id=NAwVAAAAIAAJ&lpg=PA1&pg=PA1#v=onepage&f=false Paths from Ancient Greece]'' (Leiden, Nederland: E. J. Brill, 1988).</ref>
 
==Kronologie==
Daar bestaan geen vaste of alomaanvaarde datums vir die aanvang of einde van die [[Klassieke oudheid]] nie. Dit word tipies gesien as vanaf die 8ste eeu v.C. tot die 6de eeu n.C., oftewel ‘n tydvak van sowat 1&nbsp;300 jaar.
 
Die Klassieke oudheid in Griekeland is voorafgegaan deur die [[Griekse donkereeue]] (c. 1100-c. 750 v.C.), wat argeologies betuig word deur die [[Protogeometriese kuns|protogeometriese]] en [[Geometriese kuns|geometriese styl]]ontwerpestylontwerpe op erdeware, opgevolg deur die [[Veroosterse tydperk]], wat sterk beïnvloed is deur die [[Siro-Hetitiese state|Siro-Hetitiese]], [[Neo-Assiriese Ryk|Assiriese]], [[Fenisiërs|Fenisiese]] en [[Derde Egiptiese Tussentydperk|Egiptiese]] kulture.
 
Tradisioneel word die [[Argaïese Griekeland|Argaïese tydperk]] van antieke Griekeland gesien as die naloop van die sterk Veroosterse invloed tydens die 8ste eeu v.C., wat ondermeer [[Griekse alfabet|alfabetiese skrif]] na Griekeland gebring het, wat die aanvang van Griekse literatuur ([[Homeros]], [[Hesiodos]]) sou inlui. Die Argaïese tydperk wyk rondom 500 v.C. voor die [[Klassieke Griekeland|Klassieke tydperk]], wat weer in 323 v.C. deur die [[Hellenistiese tydperk]] opgevolg word, met die dood van [[Alexander die Grote]].
 
Die [[geskiedenis van Griekeland]] tydens die Klassieke oudheid moet daarom in die volgende tydvakke onderverdeel word:<ref>{{Cite book|last=Pomeroy |first=Sarah B. |title=Ancient Greece: a political, social, and cultural history |publisher=[[Oxford University Press]] |language=|year=1999 |pages=|ref=|isbn=9780195097429 | page = |url=http://books.google.com/?id=INUT5sZku1UC}}</ref>
* Die [[Argaïese tydperk in Griekeland|Argaïese tydperk]] (c.750-c.500 v.C.), waartydens kunstenaars groter, vrystaande [[Antieke Griekse beeldhouwerk|beeldhouwerke]] in rigiede, hiëratiese (d.i. gewyde) houdings met die droomagtige '[[argaïese glimlag]]' geskep het. Die afsluiting van die Argaïese tydperk word dikwels geneem as 510 v.C., toe die bewind van [[Athene]] se laaste [[tiran]] omvergewerp is.
* Die Klassieke tydperk (c.500-323 v.C.) word gekenmerk deur ‘n styl wat volgens ‘n latere beskouing gesien is as voorbeeldig (d.i. 'klassiek')—byvoorbeeld die [[Parthenon]]. Polities is die Klassieke tydperk in die 5de eeu oorheers deur [[Klassieke Athene|Athene]] en die [[Deliese bond]], wat vervang is deur [[Spartaanse heerskappy]] tydens die vroeë 4de eeu v.C., voor die leierskap na [[Antieke Thebe (Boeotia)|Thebe]] en die [[Boeotiese bond]] oorgegaan het, en eindelaas na die [[Bond van Korinthe]], onder aanvoering van [[Masedonië]].
* Die Hellenistiese tydperk (323-146 v.C.) stem ooreen met die uitbreiding van Griekse kultuur en gesag in die nabye en [[midde-ooste]]. Hierdie tydperk begin met die dood van Alexander en eindig met die Romeinse verowering.
*[[Romeinse Griekeland]], die tydperk tussen die Romeinse sege oor die [[Korinthe|Korinthiërs]] met die [[Veldslag van Korinthe (146 v.C.)|Slag van Korinthe]] in 146 v.C., en die vestiging van [[Bisantium]] in 330 n.C. as die hoofstad van die [[Romeinse Ryk]] deur [[Konstantyn I|Konstantyn]].
* Die [[Laat-oudheid|finale fase van die oudheid]] is die tydperk van [[Verval van die Grieks-Romeinse veelgodery|Verchristening]] tydens die laat 4de tot vroeë 6de eeue, wat teen 529 n.C. as afgehandel beskou word met die sluiting van die [[Neoplatoniese]] ''[[Plato se Akademie| Akademie]]'' deur [[Justinianus I]].
 
==Verwysings==
85 487

wysigings