Verskil tussen weergawes van "Antieke Griekeland"

geen wysigingsopsomming nie
'''Antieke Griekeland''' is die beskawing wat ooreenstem met die tydvak van Griekse geskiedenis vanaf die [[Argaïese Griekeland|Argaïese tydperk]] van die 8ste tot 6de eeue v.C., tot en met die [[Romeinse Republiek|Romeinse]] verowering van [[Griekeland]] in 146 v.C. met die Veldslag van Korinthe. Sentraal tot hierdie periode staan [[Klassieke Griekeland]], wat opgebloei het in die 5de tot 4de eeue v.C., eerstens onder leierskap van [[Klassieke Athene|Athene]], waardeur die militêre bedreiging van die [[Grieks-Persiese oorloë|Persiese inval]] afgeweer is. Die [[Era van Perikles]] eindig in 404 v.C. met die neerlaag van Athene onder die aanslae van [[Sparta]] in die [[Peloponnesiese oorlog]].
 
Klassieke Griekse kultuur het ‘n'n grondige invloed op die [[Romeinse Ryk]] gehad, wat dan ‘n'n weergawe daarvan na vele gebiede van die [[Middellandse See|Middelandse]] seegebiedgebied en [[Europa]] oorgedra het, om welke rede Klassieke Griekeland algemeen beskou word as die bronkultuur vir die ontstaan van die Westerse beskawing.<ref>Richard Tarnas, ''[http://books.google.com/books?id=0n2C299jeOMC&lpg=PA25&pg=PP1#v=onepage&f=false The Passion of the Western Mind]'' (New York: Ballantine Books, 1991).</ref><ref>Colin Hynson, ''[http://books.google.com/books?id=hmweq2TyxvsC&lpg=PT5&pg=PT5#v=onepage&f=false Ancient Greece]'' (Milwaukee: World Almanac Library, 2006), 4.</ref><ref>Carol G. Thomas, ''[http://books.google.com/books?id=NAwVAAAAIAAJ&lpg=PA1&pg=PA1#v=onepage&f=false Paths from Ancient Greece]'' (Leiden, Nederland: E. J. Brill, 1988).</ref>
 
==Kronologie==
Daar bestaan geen vaste of alomaanvaarde datums vir die aanvang of einde van die Klassieke oudheid nie. Dit word tipies gesien as vanaf die 8ste eeu v.C. tot die 6de eeu n.C., oftewel ‘n'n tydvak van sowat 1&nbsp;300 jaar.
 
Die Klassieke oudheid in Griekeland is voorafgegaan deur die Griekse donkereeue (c. 1100-c. 750 v.C.), wat argeologies betuig word deur die protogeometriese en geometriese stylontwerpe op erdeware, opgevolg deur die Veroosterse tydperk, wat sterk beïnvloed is deur die Siro-Hetitiese, Assiriese, [[Fenisiërs|Fenisiese]] en Egiptiese kulture.
Die geskiedenis van Griekeland tydens die Klassieke oudheid moet daarom in die volgende tydvakke onderverdeel word:<ref>{{Cite book|last=Pomeroy |first=Sarah B. |title=Ancient Greece: a political, social, and cultural history |publisher=[[Oxford University Press]] |language=|year=1999 |pages=|ref=|isbn=9780195097429 | page = |url=http://books.google.com/?id=INUT5sZku1UC}}</ref>
* Die Argaïese tydperk (c.750-c.500 v.C.), waartydens kunstenaars groter, vrystaande beeldhouwerke in rigiede, hiëratiese (d.i. gewyde) houdings met die droomagtige 'argaïese glimlag' geskep het. Die afsluiting van die Argaïese tydperk word dikwels geneem as 510 v.C., toe die bewind van [[Athene]] se laaste [[tiran]] omvergewerp is.
* Die Klassieke tydperk (c.500-323 v.C.) word gekenmerk deur ‘n'n styl wat volgens ‘n latere beskouing gesien is as voorbeeldig (d.i. 'klassiek')—byvoorbeeld die [[Parthenon]]. Polities is die Klassieke tydperk in die 5de eeu oorheers deur Athene en die [[Deliese bond]], wat vervang is deur Spartaanse heerskappy tydens die vroeë 4de eeu v.C., voor die leierskap na Thebe en die Boeotiese bond oorgegaan het, en eindelaas na die Bond van Korinthe, onder aanvoering van [[Masedonië]].
* Die Hellenistiese tydperk (323-146 v.C.) stem ooreen met die uitbreiding van Griekse kultuur en gesag in die nabye en [[midde-ooste]]. Hierdie tydperk begin met die dood van Alexander en eindig met die Romeinse verowering.
*[[Romeinse Griekeland]], die tydperk tussen die Romeinse sege oor die [[Korinthe|Korinthiërs]] met die Slag van Korinthe in 146 v.C., en die vestiging van [[Bisantium]] in 330 n.C. as die hoofstad van die [[Romeinse Ryk]] deur [[Konstantyn I|Konstantyn]].
* Die finale fase van die oudheid is die tydperk van Verchristeningverchristening tydens die laat 4de tot vroeë 6de eeue, wat teen 529 n.C. as afgehandel beskou word met die sluiting van die Neoplatoniese '' Akademie'' deur [[Justinianus I]].
 
==Verwysings==
85 488

wysigings