Verskil tussen weergawes van "Eugène Marais"

10 grepe bygevoeg ,  14 jaar gelede
k
Termiete by lys van natuurstudie onderwerpe gevoeg - verskeie van sy artikels oor termiete is gepubliseer.
k (Termiete by lys van natuurstudie onderwerpe gevoeg - verskeie van sy artikels oor termiete is gepubliseer.)
Sy vrou Aletta is in 1895 dood tydens die geboorte van hul babaseun. Marais het in 1897 by die ''Inner Temple'' in Londen begin studeer waar hy 'n graad in regsgeleerdheid vyf jaar later verwerf het. Hy het in 1902 deur Oos Afrika na Suid-Afrika teruggekeer om in die [[Tweede Vryheidsoorlog]] te veg, maar met sy aankoms het die oorlog reeds geeïndig. Daarna het hy 'n ruk lank in Pretoria vertoef voordat hy die koerant [[Land en Volk]] verkoop en in 1907 na die [[Waterberge]] verhuis het.
 
Eugène Marais het 'n besondere belangstelling in die [[Engelse]] literêre werke, die [[natuurwetenskappe]] (onder andere slangebobbejane, bobbejanetermiete, slange en spinnekoppe) en [[sielkunde]] gehad en het tydens sy verblyf in Londen ook tot 'n mate 'n kennis oor [[geneeskunde]] opgedoen. Dit sou hom later handig te pas kom en het hy tydens sy verblyf op die plaas Rietfontein in die Waterberge as die 'wonderdokter' bekend gestaan.
 
Hy het op 21 jarige ouderdom begin om [[morfien]], die hoof aktiewe komponent van [[opium]], te gebruik en sy lewe is gekenmerk deur 'n verbete stryd teen verslawing. Op die 29 Maart 1936 het hy selfmoord gepleeg deur homself met 'n [[haelgeweer]] te Pelindaba om die lewe te bring.
245

wysigings