Verskil tussen weergawes van "Herodes Antipas"

Skakel
(Skakel)
(Skakel)
Hy was 'n seun van [[Herodes die Grote]] en toe sy pa sterf in 4 v.C. het keiser [[Augustus Octavianus|Augustus]] besluit om sy gebiede onder sy drie seuns Antipas, Archelaüs en Philippus te verdeel. Archelaüs het Judea gekry, Antipas Galilea en Perea. <ref name="Witmer">''Jesus, the Galilean Exorcist: His Exorcisms in Social and Political Context'', Deel 459 van The Library of New Testament Studies, {{Aut|Amanda Witmer}} , Bloomsbury Publishing, 2012, ISBN 0567427560, ISBN 9780567427564</ref>
 
Daar is min bekend oor hom.<ref name="BASS">{{cite web|url=http://www.biblicalarchaeology.org/daily/people-cultures-in-the-bible/people-in-the-bible/herod-antipas-in-the-bible-and-beyond/|title=''Herod Antipas in the Bible and Beyond'', The ruler of Galilee in Jesus’ time, {{Aut|Biblical Archaeology Society Staff}} • 05/06/2015|language=en}}</ref> Hy het goeie betrekkings met Augustus en [[Tiberius]] onderhou en in hierdie tyd het Galilea rus en vrede geken. Daar was twee konflikte, een met Agrippa I en een met Aretas (IV) wat Antipas se oosgrens aangeval het. Tiberius het egter Antipas gesteun en hom in 36/37 selfs gevra om tussen [[Rome]] en Partië te bemiddel.<ref name="Witmer"/>
 
In teenstelling tot sy broers het Antipas respek getoon vir die geloof van sy volk. Dit blyk byvoorbeeld uit sy munte wat geen beelde van hom of van heidense tempels getoon het nie. <ref name="BASS"/>