Maak hoofkeuseskerm oop

Wysigings

4 grepe bygevoeg ,  3 jaar gelede
k
+ skakel
|}
 
'''Toronto''' is die [[hoofstad]] van die provinsie [[Ontario]], Oos-[[Kanada]] en met 'n bevolking van meer as 2,6 miljoen nie net die grootste stad van Kanada nie, maar ook die vierde mees bevolkte in [[Noord-Amerika]] na [[Mexikostad]], [[New York Stad|New York]] en [[Los Angeles]]. Die stad is die sentrum van die sogenaamde ''Golden Horseshoe'' (Goue Hoefyster), 'n metropolitaanse gebied met meer as ses miljoen inwoners aan die suidwestelike oewer van die [[Ontariomeer]], wat oor 'n afstand van sowat 100 kilometer van [[Hamilton, Ontario|Hamilton]] in die weste tot by [[Oshawa]] in die ooste strek.
 
Toronto beskik oor 'n belangrike hawe (vir onder meer die uitvoer van graan) aan die Ontariomeer, en dit is die kulturele, finansiële, handel- en nywerheidspilpunt van die [[Engels]]sprekende [[Kanada]] asook die setel van belangrike universiteite. Toronto beskik oor Kanada se hoogste [[wolkekrabber]]s - die simbole van sy dinamiese ekonomiese groei. Die CN-toring (553,5 meter) is een van die hoogste geboue wêreldwyd - 'n platform van [[glas]] dien op 'n hoogte van sowat 350 meter as 'n uitsigpunt.
99 545

wysigings