Maak hoofkeuseskerm oop

Wysigings

4 grepe bygevoeg, 3 jaar gelede
Mars se atmosfeer is stowwerig en bevat stofdeeltjies van omtrent 1,5&nbsp;µm, wat die lug op Mars 'n bruingelerige kleur gee soos van die oppervlak af gesien.<ref name="dusty">Lemmon , en ander: ''Atmospheric Imaging Results from Mars Rovers'', soos verskyn in ''Science''. Volume 306, bls. 1753–1756 (2004).</ref> Die atmosfeer bestaan uit 95% [[koolstofdioksied]], 3% [[stikstof]], 1,6% [[argon]] en bevat spore van [[suurstof]], [[water]], [[koolstofmonoksied]] en [[stikstofmonoksied]], asook nog uiters klein spore van [[neon]], [[kripton]], [[formaldehied]], [[xenon]], [[osoon]] en [[metaan]].<ref name="nssdc" /> Die teenwoordigheid van metaan word deur deur navorsers beweer wat verslag gelewer het dat hulle die element teen 'n konsentrasie van ongeveer 10 deeltjies per miljard (volgens volume) bespeur het.<ref name="methane-me">V. Formisano, S. Atreya, T. Encrenaz, N. Ignatiev, M. Giuranna: ''Detection of Methane in the Atmosphere of Mars'', soos verskyn in ''Science''. Vol. 306, bls. 1758–1761 (2006).</ref><ref name="methane">ESA: [http://www.esa.int/SPECIALS/Mars_Express/SEMZ0B57ESD_0.html ''Mars Express confirms methane in the Martian atmosphere''], 30 Maart 2004.. Verkry op 2006-03-17.</ref> Metaan is 'n onstabiele gas is wat deur ultravioletstraling afgebreek word en 'n tipiese metaanmolekule het 'n leeftyd van ongeveer 340 jaar in Mars se atmosfeer.<ref>Martin Baucom: [http://www.americanscientist.org/template/AssetDetail/assetid/49613 ''Life on Mars?''], soos verskyn in ''American Scientist''. 2006, volume 94. Verkry op 2008-05-29.</ref> Die teenwoordigheid van metaan sal dus 'n huidige of onlangse bron van die gas op die planeet aandui. Vulkaniese aktiwiteit, komeetimpakte en die teenwoordigheid van mikro-organismes wat metaan as 'n afvalproduk skep word onder moontlike bronne gereken. Dit is ook aangetoon dat metaan moontlik deur 'n nie-[[biologiese proses]] soos die vorming van [[serpentynsteen]] geproduseer kan word, wanneer dit plaasvind tussen water, koolstofdioksied en [[olivien]], 'n mineraal wat op Mars voorkom.<ref name="olivine">Christopher Oze en Mukul Sharma: ''Have olivine, will gas: Serpentinization and the abiogenic production of methane on Mars'', soos verskyn in die ''Geophysical Research Letters'' 32: L10203 (2005)</ref>
 
Tydens 'n pool se winter word dit deur voortdurende donkerte gedek: die oppervlak verkoel en 25-30% van die atmosfeer kondenseer tot lae koolstofdioksiedys (droë ys).<ref>J. T. Mellon, W. C. Feldman, T. H. Prettyman: [http://adsabs.harvard.edu/abs/2004Icar..169..324M ''The presence and stability of ground ice in the southern hemisphere of Mars''], soos verskyn in ''Icarus''. 169:2, bls. 324-340 (2003). Verkry op 2007-02-26</ref> Wanneer die pole weer aan sonlig blootgestel word, [[sublimasie|sublimeer]] die koolstofdioksied, wat reuse winde veroorsaak wat vanaf die pole waai met snelhede tot 400&nbsp;km/h. Hierdie seisoenale gebeurtenisse vervoer groot hoeveelhede stof en waterdamp, wat aanleiding gee tot ryp en groot [[cirruswolke]] wat aan die Aarde s'n herinner. Wolke van waterys is deur die ''Opportunity''-swerwer in 2004 afgeneem.<ref name="clouds">Nasa, 13 Des. 2004: [http://marsrovers.jpl.nasa.gov/gallery/press/opportunity/20041213a.html ''Mars Rovers Spot Water-Clue Mineral, Frost, Clouds'']. Verkry op 2006-03-17.</ref>
 
=== Klimaat ===
102 895

wysigings