Verskil tussen weergawes van "Archimedes"

205 grepe bygevoeg ,  4 jaar gelede
geen wysigingsopsomming nie
}}
 
'''Archimedes van Syracuse''' ([[Grieks]]: Άρχιμήδης) ([[287 v.C.]] – [[212 v.C.]]) was ’n antieke Griekse wiskundige, fisikus en ingenieur. Alhoewel min oor sy lewe bekend is, word hy beskou as een van die leidende wetenskaplikes in die klassieke oudheid. Benewens sy ontdekkings in die veld van [[wiskunde]] en [[meetkunde]], word die vervaardiging van [[masjien]]e wat hul tyd ver vooruit was aan hom toegeskryf.<ref> {{aut|O'Connor, J.J. and Robertson, E.F.}}, MacTutor, [http://www-history.mcs.st-and.ac.uk/Biographies/Archimedes.html Archimedes van Syracuse], Januarie 1999</ref>
 
Hy het die fondamente van [[hidrostatika]] gelê en die beginsel van die hefboom verklaar, die toestel waarop meganika gebaseer is. Sy vroeë vorderings in [[analise|wiskundige analise]] sluit in die eerste bekende samevatting van ’n oneindige reeks, met 'n metode wat vandag gebruik word. Die geskiedkundiges van Antieke Rome het 'n sterk belangstelling in Archimedes getoon en verslae van sy lewe en werk geskryf, terwyl die relatief min kopieë van sy verhandelings wat die [[Middeleeue]] oorleef het 'n invloedryke bron van idees was vir wetenskaplikes tydens die Renaissance.
 
In verband met [[dryfvermoë]] het hyArchimedes die volgende gesê:
{{cquote|Enige voorwerp, heeltemal of gedeeltelik gedompel in 'n vloeistof, word opgestoot deur 'n krag gelyk aan die gewig van die vloeistof wat deur die voorwerp verplaas word. - [[Archimedes]]}}
 
Volgens oorlewering het hy hierdie beginsel, wat as Archimedes dítse wet bekend is, in die bad gesnap. Hy het glo dadelik uitgespring, kaal buitentoe gehardloop en uitgeroep: "Eureka" (ek het dit gevind)!<ref name="HAT Taal-en-feitegids">HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8</ref>
 
Die dood van Archimedes het plaasgevind tydens die beleg van Syracuse, toe hy vermoor is deur 'n Romeinse soldaat, ten spyte van bevele dat hy nie leed aangedoen moes word nie.
 
== Kyk ook ==
* [[Archimedes se beginsel]] en [[Dryfvermoë]]
* [[Dryfvermoë]]
 
== Verwysings ==
{{Verwysings}}
 
{{Saadjie}}
 
[[Kategorie:Griekse wetenskaplikes]]