Verskil tussen weergawes van "Pous Vitalianus"

geen wysigingsopsomming nie
(+Skakel na Aartsbiskop van Kantelberg)
Vitalianus bewys gasvryheid teenoor Konstans, toe die keiser in [[633]] na [[Rome]] kom, waar hy twaalf dae bly tydens sy opmars teen die [[Lombarde]]. Op [[5 Julie]] [[633]] ontmoet die pous en die geestelikes die keiser by die sesde mylpaal en vergesel hom na die Sint Pieterskerk. Die keiser gee hulle geskenke. Die volgende dag het Konstans in vol ornaat na die Sint Peterskerk gegaan en 'n goue pallium geskenk. Hy woon ook die mis by wat deur die pous opgedra word. Die keiser het saam met die pous gaan eet op die volgende Saterdag en van die pous afskeid geneem na die mis op Sondag. Tydens sy vertrek uit Rome het Konstans 'n groot aantal brons kunswerke gesteel waaronder brons dakteëls van die [[Partenon]] wat in 'n Christelike kerk omskep was.<ref name="Catholic Encyclopedia" />
 
Konstans het vervolgens Sisilië aangeval, die bevolking verdruk en is deur 'n sluipmoordenaar om die lewe gebring in [[Sirakuse]] in [[668]]. Vitalianus steun Konstans se seun [[Konstantyn IV]] teen 'n troonrower en help hom om gekroon te word. Omdat Konstantyn nie gewillig was om die Monotelitistiese dekreet van sy vader (die Typus) te steun nie, het Vitalianus probeer om Konstantyn oor te haal na die ortodokse siening. Dit het egter nie gewerk nie en die Monotelitistiese patriarg Theodorus het Vitalianus se naam van die diptiek laat verwyder. Eers met die sesde Ekumeniese konsilie toe Monotelitisme finaal onderdruk is, is Vitalianus se naam teruggeplaas in die diptiek van die Bisantynse Kerk.<ref name="Catholic Encyclopedia" />
 
=== Betrekkinge met Engeland ===