Verskil tussen weergawes van "Hermann Kallenbach"

Opruim
(Opruim)
| handtekening =
}}
[[Beeld:Synagog Zemaiciu Naumiestis.JPG|duimnael|regs|270px|Die eertydse Joodse sinagoge op Kallenbach se geboortedorp, [[Žemaičių Naumiestis]].]]
 
[[Beeld:NG kerk Riversdal.jpg|duimnael|links|200px|Die NG kerkgebou op [[Riversdal]] word toegeskryf aan Kallenbach en A. Reynolds, maar die eintlike argitek was die [[Skotland|Skots]] gebore Alexander Forrest (1878-1943) wat by hulle firma gewerk het<ref> Goosen, ds. Chris. 1989. ''Kronieke van Riversdal 1839 - 1989''. Riversdal: NG kerkraad.</ref><ref>[http://www.artefacts.co.za/main/Buildings/archframes.php?archid=527 Artefcats.co.za se besonderhede oor Alexander Forrest]</ref>. Ds. [[Johannes Rudolph Albertyn]] het die hoeksteen op [[4 Maart]] [[1908]] gelê.]]
 
[[Beeld:Dutch Reformed Church in Jeppestown.JPG|duimnael|links|200px|Jeppestown se kerkgebou, ontwerp deur Kallenbach en Kennedy, is in Mei 1946 heringewy nadat dit vernuwe en opgeknap is. Genl. [[Koos de la Rey]] het die hoeksteen van die karaktervolle kerkgebou op die hoek van Corrie en Op-de-Bergenstraat, Fairview, op [[5 Mei]] [[1906]] gelê. Sedert die stigting van die [[NG gemeente Kensington]] word dit nie meer as NG kerk gebruik nie.]]
 
[[BeeldLêer:Synagog Zemaiciu Naumiestis.JPG|duimnael|regs|270px|Die eertydse Joodse sinagoge op Kallenbach se geboortedorp, [[Žemaičių Naumiestis]].]]
[[BeeldLêer:NG kerk Riversdal.jpg|duimnael|links|200px|Die NG kerkgebou op [[Riversdal]] word toegeskryf aan Kallenbach en A. Reynolds, maar die eintlike argitek was die [[Skotland|Skots]] gebore Alexander Forrest (1878-19431878–1943) wat by hulle firma gewerk het.<ref> Goosen, ds. Chris. 1989. ''Kronieke van Riversdal 1839 - 19891839–1989''. Riversdal: NG kerkraad.</ref><ref>[http://www.artefacts.co.za/main/Buildings/archframes.php?archid=527 Artefcats.co.za se besonderhede oor Alexander Forrest]</ref>. Ds. [[Johannes Rudolph Albertyn]] het die hoeksteen op [[4 Maart]] [[1908]] gelê.]]
[[BeeldLêer:Dutch Reformed Church in Jeppestown.JPG|duimnael|links|200px|Jeppestown se kerkgebou, ontwerp deur Kallenbach en Kennedy, is in Mei 1946 heringewy nadat dit vernuwe en opgeknap is. Genl. [[Koos de la Rey]] het die hoeksteen van die karaktervolle kerkgebou op die hoek van Corrie en Op-de-Bergenstraat, Fairview, op [[5 Mei]] [[1906]] gelê. Sedert die stigting van die [[NG gemeente Kensington]] word dit nie meer as NG kerk gebruik nie.]]
[[Lêer:Gandhi, Sonia Schlesin, Hermann Kallenbach.jpg|duimnael|regs|upright|[[Mahatma Gandhi]], Sonia Schlesin (Gandhi se sekretaresse) en Hermann Kallenbach.]]
[[BeeldLêer:NG kerk Laingsburg.jpg|duimnael|links|200px|Dr. [[Adriaan Moorrees]] het die hoeksteen van Laingsburg se NG kerkgebou op [[4 Junie]] [[1904]] gelê. Die argitekte was Kallenbach en Reynolds.]]
 
[[Beeld:NG kerk Laingsburg.jpg|duimnael|links|200px|Dr. [[Adriaan Moorrees]] het die hoeksteen van Laingsburg se NG kerkgebou op [[4 Junie]] [[1904]] gelê. Die argitekte was Kallenbach en Reynolds.]]
 
[[Lêer:Gandhi Tolstoy Farm.jpg|duimnael|Kallenbach, Gandhi (regs voor, 4de en 5de) met die lede van die ''Tolstoy Farm'', 1910.]]
[[BeeldLêer:NG kerk Thaba Nchu 1917.jpg|duimnael|200px|links|Die argitek [[William Henry Ford]] het toesig gehou oor die bouwerk aan drie van die NG kerke wat Kallenbach en Reynolds ontwerp het, dié een op [[Thaba Nchu]], asook dié op Laingsburg en Barkly-Oos.]]
 
[[Beeld:NG kerk Thaba Nchu 1917.jpg|duimnael|200px|links|Die argitek [[William Henry Ford]] het toesig gehou oor die bouwerk aan drie van die NG kerke wat Kallenbach en Reynolds ontwerp het, dié een op [[Thaba Nchu]], asook dié op Laingsburg en Barkly-Oos.]]
 
[[Lêer:NG kerk Barkly-Oos 2012 2.jpg|duimnael|regs|270px|Ds. F.W.R. Gie het die hoeksteen van die klipkerk van die [[NG gemeente Barkly-Oos]], ontwerp deur Kallenbach, op [[15 Desember]] [[1906]] gelê. Die argitek [[William Henry Ford]], wat ook opsigter was van die bouwerk aan die kerke op Laingsburg en Thaba Nchu, het ook hier opsig gehou.]]
 
'''Hermann Kallenbach''' (Žemaičių Naumiestis, Russiese Ryk (nou deel van [[Litaue]], [[1 Maart]] [[1871]] – [[22 Maart]] [[1945]]) was 'n [[Suid-Afrika]]anse argitek en sakeman van Duits-Joodse afkoms wat vir die ontwerp van sommige van die mooiste NG kerke in [[Suid-Afrika]] verantwoordelik was. Hy het in vennootskap met A. Reynolds tussen omstreeks 1904 en 1908 NG kerke in die destydse [[Transvaal]], [[Vrystaat]] en [[Kaapland]] ontwerp, onder meer vir die [[NG gemeente Jeppestown]], wat as een van die aantreklikste kerke van enige genootskap in [[Johannesburg]] beskou word,<ref>[http://www.joburg.org.za/index.php?option=com_content&task=view&id=256&Itemid=51 Joburg.org.za]</ref>, op [[Laingsburg]], [[Barkly-Oos]] en [[Riversdal]]. Ander geboue wat hy ontwerp het, sluit die Joodse sinagoge in [[Benoni]]<ref> [http://www.artefacts.co.za/main/Buildings/bldgframes.php?bldgid=1613 Artefacts.co.za]</ref> en [[Krugersdorp]], die Lewis & Marks-gebou (1937) in [[Johannesburg]] se middestad en die Langlaagte-weeshuis in.
 
== Herkoms en opleiding ==
Met die uitbreek van die [[Tweede Vryheidsoorlog]] verlaat Kallenbach Johannesburg en gaan na [[Durban]], waar hy talle geboue ontwerp het, waarvan die belangrikste die Koenig-gebou (voltooi in 1903) was en later die St. Andrew-gebou genoem is.
 
Omstreeks 1903 keer Kallenbach terug na die Goudstad, waar hy in vennootskap was met Philips, maar ná 1903 blykbaar met A. Reynolds. Sekere geboue van dié vennootskap dateer van 1903. Hulle het kantore gehad in Durban, Johannesburg en Pretoria. Baie min is vandag nog oor Reynolds bekend. Hy was omstreeks 1899 blykbaar in vennootskap met G.G. Fleming, maar teen 1903 met Kallenbach. Tydens die [[Tweede vryheidsoorlog]] het hy die Goudstad verlaat en teen 1903 nog daar gewoon. Terug in Johannesburg het hy in Van Beekstraat in die weste van die middestad (naby die huidige [[Ellispark-stadion]]) gaan woon en in vennootskap met Kallenbach gebly tot omstreeks 1907, waarna geen rekords oor hom behoue gebly het nie.<ref> [http://www.artefacts.co.za/main/Buildings/archframes.php?archid=1447&countadd=1 Inskrywing op Artefacts.co.za oor A. Reynolds]</ref>.
 
== Vriendskap met Gandhi ==
 
== Vennootskap met Kennedy ==
Sy vennootskap met A.M. Kennedy het waarskynlik in 1903 begin. Kennedy het Suid-Afrika in 1913 vir [[Kanada]] verlaat. Saam het hulle die NG kerke in [[Jeppestown]] en op [[Riversdal]], [[Laingsburg]], [[Barkly-Oos]] en [[Thaba Nchu]] ontwerp. Teen dié tyd was Kallenbach sterk verbind tot die Indiese burgerregtebeweging, wat waarskynlik beteken het Kennedy was hoofsaaklik verantwoordelik daarvoor om die firma te bestuur. Omstreeks 1909 het hy die Phoenix-plaas gekoop en in 1910 grond naby Lawley buite Johannesburg, waarna hy net die plaas aan Satyagraha geskenk het. Kallenbach het dit Tolstoy Farm genoem ter ere van Leo Tolstoi met wie hy gekorrespondeer het en vir wie hy groot agting gehad het. Op die plaas het Kallenbach onderrig aan onder andere Gandhi gegee vervaardiging van sandale, wat hy geleer het by Trappistemonnike wat hy tydens die Driejarige Oorlog ontmoet het by Marianhill in Natal.<ref> [http://www.shoreditchcollege.org/pages/gandhi.html Toespraak wat Gandhi in 1938 gelewer het met onder meer 'n verwysings na Kallenbach]</ref>.
 
Kallenbach het deurgaans die belangrikheid van ’n fikse, gesonde lewe beklemtoon. Hy was ’n vrugte-eter en in ’n sekere stadium van sy lewe het ene Sandor hom leer boks. Nog ontwrigting van sy argiteksfirma was toe hy in November 1913 in hegtenis geneem is op [[Newcastle]] vir sy deelname aan ’n protesoptog. Hy is ná etlike weke vrygelaat nadat die koloniale sekretaris in Londen tussenbeide getree het.
 
Die vennote Kallenbach en Kennedy het ingeskryf vir die wedstryd vir die ontwerp van die nuwe sinagoge in Wolmaransstraat, Johannesburg, omstreeks 1911, maar die wenner was T. Schaerer. Nietemin het Kallenbach die opdrag gekry vir die ontwerp van die Griekse Ortodokse kerk van St. Konstantyn die Grote (1912-19131912–1913) in dieselfde straat en het hy waarskynlik dieselfde of soortgelyke ontwerpe vir albei geboue voorgelê, aangesien albei geboue in ’n Bisantynse styl ontwerp is en ’n reuse-koepel het.
 
=== Meisieskoshuis, Langlaagte-weeshuis ===
[[BeeldLêer:Meisieskoshuis, Langlaagte-weeshuis.jpg|rges|250px|thumbduimnael|Die meisieskoshuis van die Langlaagte-weeshuis, ontwerp deur Kallenbach.]]
Omstreeks 1906 was die plan deur Kallenbach en Reynolds vir die nuwe meisieskoshuis van die Langlaagte-weeshuis reeds geruime tyd gemaak. Die ontwerp was vir 'n gebou wat 150 meisies sou kon huisves. Dit sou 150 voet lank en 75 breed wees, uit twee verdiepings bestaan en £11 000 kos. Ds. [[Abraham Kriel]] was nie van plan om meer as £4 500 aan die gebou te bestee nie. Kallenbach het verklaar dat hy daarvoor geen kans sien nie, maar hy was gewillig om sy vergoeding te ontvang volgens die kontant-uitgawe aan die gebou. Die werk is nie aan 'n kontrakteur toevertrou nie, maar werkslui is daarvoor aangestel, onder toesig van J. Overbeek, die weeshuistimmerman. Twee hoekstene vir dié gebou is op [[4 September]] [[1907]] gelê deur mev. genl. [[Piet Joubert]] en ds. H.S. Bosman onderskeidelik. Die naam Talita Kumi is aan die gebou gegee.
 
 
== Terug in Suid-Afrika ==
Dis nie seker wanneer hy na Suid-Afrika teruggekeer het nie, maar hy word weer vermeld in die 1921-uitgawe van die United Transvaal Directory, hoewel nie as argitek nie. Al het sy vriendskap met Gandhi voortgeduur, blyk dit dat Kallenbach in Johannesburg teruggekeer het na sy beroepslewe en Sionisme. Die ''[[Rand Daily Mail]]'' skryf op [[26 Maart]] [[1945]]: "Hy was ’n Sionis, maar vir hom was dit nie ’n negatiewe verskynsel nie. Vir hom was die moderne Palestina ’n etiese en maatskaplike proefneming met ’n boodskap vir die Jodedom en die wêreld."
 
Ná sy terugkeer na Suid-Afrika het Kallenbach A.M. Kennedy oorreed om Kanada te verlaat en die ou vennootskap omstreeks 1921 te hervat. Luidens gerugte was Kallenbach die sakeman in die vennootskap wat die werk ingebring het, gerugsteun deur Kennedy se sterkpunte in die kantoor. Van ongeveer 1923/’24 het die vennote heelwat geboue in Durban, Pretoria en Johannesburg ontwerp. In 1928 het A.S. Furner by die firma aangesluit. Argitektonies gesproke was die firma se rykste jare tussen 1928 en Kallenbach se dood in 1945 omdat Furner ’n begaafde ontwerper was wat bewus was tendense in moderne argitektuur wêreldwyd.
Kallenbach se laaste buitelandse besoek was aan Indië en Gandhi in 1945. Tydens dié besoek het Gandhi Kallenbach probeer oorreed om die Nazi-[[holocaust]] te vergewe, maar Kallenbach het gesê hy kon dit nie doen nie. In die 1940’s het hy ’n eenvoudige baksteenhuis vir die Gandhi-familie wat nog in Phoenix gewoon het, ontwerp en is enkele weke later oorlede. Sy biblioteek van sowat 5 000 boeke is in 1955 na die Universiteit van Jerusalem gestuur soos hy in sy testament versoek het en die grootste deel van sy rykdom is tot voordeel van [[Israel]] bemaak.
 
'n Biografie oor Hermann Kallenbach, geskryf deur Isa Sarid, die dogter van sy susterskind Hanna Lazar en Christian Bartolf, skets Kallenbach se persoonlikheid en sy vriendskap met Gandhi breedvoerig. In sy boek, ''Great Soul: Mahatma Gandhi and his struggles with India'', haal Joseph Lelyveld die kultuurhistorikus Tripid Suhrud aan waar hy beweer: "Hulle as 'n paartjie." Dié stelling het tot omstredenheid aanleiding gegee. Nietemin dui Gandhi se briefwisseling met Kallenbach op die diep wedersydse respek wat die twee vir mekaar gehad het en hoe hulle mekaar se idees beïnvloed het. Lelyveld het later gesê sy bedoeling was nooit om die vriendskap in 'n seksuele lig te beskryf nie. In Julie 2012 het die Indiese regering die Gandhi-Kallenbach-argief vir meer as $1,2 miljoen op 'n veiling deur Sotheby's aangekoop.<ref> [http://newamericamedia.org/2012/07/gay-or-not-the-real-cost-of-the-gandhi-auction-that-never-was.php Newamericamedia.org]</ref>.
 
In 2012 het die skrywer en fotograaf Shimon Lev in sy boek ''Soulmates: The The Story of Mahatma Gandhi and Hermann Kallenbach'' die verhouding uitgebeeld tussen die twee idealiste en Gandhi se houding jeens Zionisme.
 
In die rolprent van 1982 oor Gandhi se lewe deur die regisseur [[Richard Attenborough]] en skrywer John Briley het Günther Maria Halmer (as Gunter Maria Halmer) die rol van Kallenbach vertolk.<ref> [http://www.imdb.com/title/tt0083987/ Internet Movie Database]</ref>. Die hoofrolle is vertolk deur Ben Kingsley, John Gielgud en Candice Bergen.
 
== Ontwerpe ==
[[BeeldLêer:Hermann Kallenbach ouer.jpg|duimnael|regs|180px|Kallenbach in sy later jare.]]
=== NG kerkgeboue ===
* NG kerk op [[Laingsburg]]. Hoeksteen gelê op [[4 Junie]] [[1904]] deur dr. [[Adriaan Moorrees]]. Ontwerp in vennootskap met A. Reynolds.
* [[NG gemeente Jeppestown|NG kerk Jeppestown]]. Hoeksteen gelê op [[5 Mei]] [[1906]] deur genl. [[Koos de la Rey]]. Ontwerp in vennootskap met A. Reynolds.
* [[NG gemeente Barkly-Oos|NG kerk Barkly-Oos]]. Hoeksteen gelê op [[15 Desember]] [[1906]] deur ds. F.W.R. Gie. Ontwerp in vennootskap met A. Reynolds.
* NG moederkerk op Riversdal. Hoeksteen gelê op [[4 Maart]] [[1908]] deur ds. [[Johannes Rudolph Albertyn]]. Ontwerp in vennootskap met A. Reynolds.
* [[NG gemeente Thaba 'Nchu-Tweespruit|NG kerk Thaba Nchu]], 1906.
 
=== Ander geboue<ref> [http://www.artefacts.co.za/main/Buildings/archframes.php?archid=864&countadd=1 Besonderhede oor Kallenbach op artefacts.com] </ref> ===
* Kerk van Sint Konstantyn en Sint Helena Griekse Ortodokse Kerk, Johannesburg, 1912.
* Ritz-hotel, Johannesburg, voor 1912.
== Fotogalery ==
<gallery mode=packed heights=170px style="text-align:left">
BeeldLêer:Satyagraha House 2.jpg|Die huis wat Kallenbach vir homself en Gandhi ontwerp het.
BeeldLêer:Hoeksteenlegging NG kerk Laingsburg.jpg|Ds. [[Adriaan Moorrees]] het op [[4 Junie]] [[1904]] die hoeksteen van die NG kerk op [[Laingsburg]] gelê.
BeeldLêer:Jeppestown vroeg 1900's.jpg|'n Uitsig van die brandweertoring in Fairview op onder meer die Jeppestownse NG kerk omstreeks 1912.
BeeldLêer:NG kerk Riversdal portret.jpg|Dié portret van die NG kerk Riversdal is waarskynlik kort ná die voltooiing daarvan in 1909 geneem.
BeeldLêer:Abraham Paul Kriel Sy lewe en werk.jpg|'n Skets van die meisieskoshuis van die Langlaagte-weeshuis, ontwerp deur Kallenbach en Reynolds, is gebruik op die buiteblad van ds. [[John Daniel Kestell|J.D. Kestell]] se biografie oor ds. [[Abraham Kriel]].
</gallery>
 
== Bronne ==
* [[John Daniel Kestell|Kestell, J.D.]] ''Abraham Paul Kriel. Sy lewe en werk''. [[Kaapstad]]: [[Nasionale Pers]] Beperk.
* [[Gustave Adolph Maeder|Maeder, ds. G.A.]] en Zinn, Christian. 1917. ''Ons Kerk Album''. Kaapstad: Ons Kerk Album Maatschappij Bpkt.
* [[Phil Olivier|Olivier, ds. P.L.]] 1952. ''[[Ons gemeentelike feesalbum]]''. Kaapstad en Pretoria: N.G. Kerk-uitgewers.