Verskil tussen weergawes van "Gereformeerde kerk Potgietersrus"

geen wysigingsopsomming nie
| stigting=[[4 Maart]] [[1928]]
| afgestig=[[Gereformeerde kerk Waterberg|Waterberg]]
| eerste_predikant=Ds. [[Petrus Venter|P.J. Venter]] (1944–1949)
| ontbind=
| ingelyf=
 
== Eerste leraar ==
[[Beeld:Ds GBS Pasch.jpg|duimnael|regs|170px|Ds. [[Gerrit Pasch|G.B.S. Pasch]], die Gereformeerde kerk Potgietersrus se leraar van 1950 tot sy dood op [[9 Februarie]] [[1960]].]]
 
Op [[20 Januarie]] [[1945]] ontvang 'n dankbare kerk hulle eerste leraar: ds. [[Petrus Venter|P.J. Venter]]. Op Sondagaand 21 Januarie 1945 neem Potgietersrust op gepaste wyse afskeid van 'n baie getroue en konsensieuse herder en leraar, ds. [[Hendrik Johannes Venter|H.J. Venter]] en van mev. Venter. Vanaf 1923 tot op hierdie datum het ds. Venter hier gewerk met veel opoffering en inspanning van alle kragte. Ds. [[Petrus Venter|P.J. Venter]] het met alle ywer begin arbei in die uitgestrekte kerke. Baie keer weg van die huis; sy vrou alleen tuis. Onder sy troue en bestendige arbeid het die kerk verder gegroei tot hy in 1949 'n beroep aangeneem het na Enkeldoorn, Suid-Rhodesië. Sy vrou was ’n dogter van wyle ds. H. Ph. J. Pasch.
 
Ná ds. P.J. Venter se vertrek het die kerk besluit om selfstandig te beroep. In Maart 1950 kon ds. G.B. S.Pasch die arbeid hier oorneem. Die kerk het intussen gegroei die kerkie het spoedig geblyk te klein te wees veral met Nagmaalsdienste sodat daar 'n aantal jare lank dankbaar gebruik gemaak is van die [[Nederduitsch Hervormde Kerk|Hervormde]] kerkgebou wat goedgunstiglik aan hulle kosteloos voorsien is.
 
== Nuwe kerk ==
[[Beeld:Ds GBS Pasch by die hoeksteen van die Gereformeerde kerk Potgietersrus, deur hom gelê op 17 Mei 1952.jpg|duimnael|regs|230px|Ds. [[Gerrit Pasch|G.B.S. PachPasch]] het die nuwe kerk se hoeksteen gelê op [[17 Mei]] [[1952]]. Dié foto is waarskynlik geneem tydens die kerk se ingebruikneming op [[9 November]] [[1953]].]]
Ná baie oorwegings het die kerkraad in oorleg met die gemeente besluit om oor te gaan tot die bou van 'n nuwe kerk op die erwe wat eerder al genoem was, naamlik 554 en 555. Hierdie erwe is verkry van die stadsraad in ruil vir die bestaande erf en gebou. Daar is gebou en die gemeente kon met vreugde aanskou dat die Here vir ons goed is. Met vreugde en dankbaarbeid kon die nuwe kerkgebou op [[9 November]] [[1953]] feestelik in gebruik geneem word. Die argitek van die gebou was [[Hendrik Vermooten]] van [[Pretoria]] en die bouheer Frikkie van Deventer, 'n lidmaat van die kerk. By geleentheid van die ingebruikneming, terwyl reënbui die nuwe gebou oorstort, het prof. dr. J.P. Jooste 'n kragtige woord gespreek tot die gemeente. Dit was 'n dag van feesvreugde.
 
 
== Predikante ==
# [[Petrus Venter|Venter, Petrus Johannes]], 1944 – 1949
# [[Gerrit Pasch|Pasch, Gerhardus Bartholomeus Schutteus]], 1950 – [[9 Februarie]] [[1960]] (oorlede in die amp)
# [[Johan van Ryssen|Van Ryssen, ds. Johan Wilhelm Jansen]], 1960 – 1968
# De Vos, Wouter, 1969 – 1992 (aanvaar sy [[emeritaat]])
84 409

wysigings