Verskil tussen weergawes van "Johannes Petrus van der Walt"

geen wysigingsopsomming nie
Ds. '''Johannes Petrus van der Walt''' ([[Ladybrand]], [[Oranje-Vrystaat]], [[29 September]] [[1878]] – [[Johannesburg]], [[Transvaal]], [[2 Augustus]] [[1922]]) was van 1909 tot sy ontydige dood weens kanker predikant in een gemeente van die [[Gereformeerde Kerke in Suid-AfriikaAfrika]], te wete [[Gereformeerde kerk Waterberg|Waterberg]] ([[Nylstroom]]).
 
In 1917 het ''Ons Kerk Album'' as volg oor die Gereformeerde kerk Waterberg berig (vry vertaal uit die Nederlands): "Hierdie gemeente beslaan dele van Zoutpansberg, in wie se groot distrik sy geleë is. Sy word bearbei deur die bekwame en wakkere leraar, ds. J.P. van der Walt. Hy moet sukkel met die nog primitiewe omstandighede waaronder die lede van die gemeente verkeer. Hoewel hy werksaam is in beide anneks-gemeentes, naamlik Waterberg, die grootste van die twee, en Pietersburg, die kleinste, woon hy op Nylstroom, waar ook die [[NG gemeente Waterberg|Verenigde Gemeente]] (NG) se predikant woon. Al drie of vier leraars van die Verenigde, [[Nederduitsch Hervormde Kerk|Hervormde]] en [[Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika|Gereformeerde]] gemeentes werk hartlik saam tot die instandhouding van die Hollandse Kerke, en tot uitbreiding van Gods koninkryk."
85 190

wysigings