Verskil tussen weergawes van "William Nicol"

43 grepe bygevoeg ,  5 jaar gelede
Opruim
(Opruim)
[[BeeldLêer:Irene-predikante.jpg|duimnael|340px|Die eerste drie predikante van die [[NG gemeente Johannesburg-Oos]], dr. [[Hendrik Adriaan Lamprecht|H.A. Lamprecht]], [[Pieter Gerhardus Jacobus Meiring|P.G.J. Meiring]] en William Nicol, tydens die sitting van die Federale Raad van die NG Kerk in [[Johannesburg]] in 1919.]]
[[BeeldLêer:WilliamNicol.jpg|duimnael|leftlinks|180px|Dr. William Nicol.]]
[[BeeldLêer:Stellebosch Studenteraad 1907.jpg|duimnael|regs|360px|Nicol was in 1907 lid van die [[Universiteit van Stellenbosch]] se Studenteraad. Hy sit in die middel. Die digter, politikus en hoofregter [[Henry Fagan]] staan regs.]]
[[BeeldLêer:Teologiese Kweekskool 1910.jpg|duimnael|links|350px|Die 70 studente van die [[Kweekskool]] in 1910 en hul professore. William Nicol staan sesde van links in die derde ry van bo af. <ref>Boonste Ry: Andries Stockenström; H.J. de Villiers; J. Reyneke, B.A.; [[Ezra Pienaar]]; P. van der Hoven; H.A. Boshof; C. Muller; N. van Rensburg; R. Theron, B.A.; J. Moolman, B.A.; J. Le R. Cilliers; D.P. Ackerman, B.A.; [[J.H.M. Stofberg]]; T.J. Minnaar; P.C. Hitchcock; F.J. van der Merwe; C.J. Stander; M.B. Brink; C.G.R. du Toit, B.A.; L. Lochner, B.A. Tweede Ry: J. Van Zyl le Roux; L.P. Snyman; J. Rabie; D.S.B. Joubert, B.A.; H.E. Steyn; M.L. de Villiers, B.A.; S. Feneysey; F.H. Badenhorst; P.J. Viljoen; H.S. Pretorius, jr.; C.J. van Niekerk. Derde ry: J.A. v. A. Smuts; D.J. Gildenhuys; [[Bennie Keet|B.B. Keet]], M.A.; J.H. Blignault; L.J. Fourie; William Nicol, B.A.; J.G. Pauw; F. Koch; P.J.B. Shaw; G. De C. Murray; H.S. Pretorius; G.C. van Rooyen; C.J. Grobler; D.F. Barnard, B.A.; J. Le R. Retief; H.W. Ziervogel; J. Le R. Hauptfleisch; J.D. Roos. Vierde Ry: J.P.H. Steyn; H.J. de Vos, B.A.; P.A. Alheit; J.S. Marais, B.A.; prof. [[Adriaan Moorrees]]; prof. Marais; prof. de Vos; prof. Muller; J.A. van der Merwe, B.A.; C.R. Kotze; J.G. Strijdom; T.I. van Wijk. Vyfde Ry: [[N.J. van der Merwe]], B.A.; A.C. Stegman, B.A.; W.C. Erasmus, B.A.; [[Henry Fagan|H.A. Fagan]], B.A.; C.J. Liebenberg; H.J. Badenhorst; J.A. Pienaar; P.A. Theron; P.J. du Plessiss; J.R. Alheit; B.F. van der Merwe; H.J. Reyneke; A.J. Olivier.</ref>]]
 
Dr. '''William Nicol''' ([[Robertson]], [[23 Maart]] [[1887]] - [[22 Junie]] [[1967]]) was [[Nederduitse Gereformeerde Kerk|NG]] predikant, teoloog, kultuurmens, opvoedkundige en goewerneur van die [[Transvaal]] en het 'n groot rol in die ontwikkeling van die Afrikaner gespeel.
 
In 1906 verwerf hy sy BA-graad aan die [[Universiteit Stellenbosch]] en studeer daarna aan die Vrye Universiteit van [[Amsterdam]] en [[Universiteit van Princeton|Princeton]]. Van 1913 tot 1938 is hy predikant van die [[NG gemeente Johannesburg-Oos]], die sogenaamde Irenekerk. In Junie 1938 word hy leraar in [[NG gemeente Pretoria-Oos|Pretoria-Oos]]. Hy was van 1934 tot 1948 moderator van die NG Sinode van Transvaal. In [[Johannesburg]] was hy 'n voorvegter vir die erkenning van die Afrikaanse taal en vir die stigting van Afrikaansmediumskole.
As 'n boeiende spreker en fyn kultuurmens het hy die Afrikaner in die stad geïnspireer en gehelp om sy minderwaardigheidsgevoel teenoor die Engelse stadskultuur te oorwin. Op [[1 November]] [[1948]] het hy administrateur van Transvaal geword en tien jaar lank sy werk veral ten opsigte van opvoeding en kultuur voortgesit. Hy tree uit op [[1 Oktober]] [[1958]]. Hy was lid van die [[Nasionale Party]].
 
Nicol was nie bang om nuwe dinge op die proef te stel nie. Die gebruik van die nagmaalkelkies pleks van die beker tydens die 1918-griep getuig van sy "praktiese benadering". Daar was verder die Vrywillige Weeklikse Offer, waarvolgens lidmate weekliks hulle dankoffers kerk toe moes bring. Nicol wou lidmate leer om volgens die Bybelse metode hulle dankbaarheid aan die Here te bewys.".<ref>[http://www.up.ac.za/dspace/bitstream/2263/12911/1/DuPlessis_William(1995).pdf DD-proefskrif]</ref>.
 
'n Belangrike straat in [[Sandton]], Wiliam Nicolrylaan, is na hom genoem.<ref>[http://www.google.com/url?sa=t&source=web&cd=3&ved=0CCkQFjAC&url=http%3A%2F%2Fanswerit.24.com%2FQuestion%2FWho%2520is%2520William%2520Nicol%2520and%2520why%2520does%2520he%2520have%2520roads%2520named%2520after%2520him%3F%2F4345&ei=eAPhTKOuI9CSOrOT5ecO&usg=AFQjCNF1rojCgZ5a4027B8qWL_v5eXCHTA&sig2=jFiIOAvS5guH6UgEeCE60Q Answerit.com]</ref>.
 
== Verwysings ==
{{Verwysings}}
<references/>
 
== Bronne ==
* [http://152.111.1.88/argief/berigte/beeld/1992/03/23/7/3.html ''Vandag in die ou dae], [[Beeld''].], 23 Maart 1992
* [http://www.irenepipeorgan.com/main.htm 'n Webwerf gewy aan die Irenekerk se orrel.]