Verskil tussen weergawes van "Christoffel II van Denemarke"

k
replaced:

(5) using AWB
(Skakels)
k (replaced:

(5) using AWB)
|5 = [[Euphemia van Pommere]]
|opskrif6 = Kinders
|6 = Margrete
Erik
Otto
Agnes
Heilwig
[[Waldemar IV van Denemarke|Waldemar]]
|opskrif7 = Vader
|7 = [[Erik V van Denemarke|Erik V]]
Hy het ’n "bankrot erflating" gekry waarin hele streke van die koninkryk aan Duitse en Deense magnate verpand was. Die voorwaardes van die handves was baie streng en het hom beperk om belasting te hef en betaling vir die grond te eis wat verpand is. Hy kon geen besluite neem sonder die toestemming van die adel en die biskoppe nie. Ondanks die ondertekening van die handves het Christoffel regeer asof dit nie bestaan het nie. Omdat hy nie belasting van die adel en kerke kon invorder nie, het hy die Duitse gebiede en boere swaar belas.

In die volgende paar jaar het Christoffel probeer om sy broer Erik se beleid van oorlogvoering teen die hertogdomme, graafskappe en stede van Noord-[[Duitsland]] te volg. Dit het gelei tot groter verbande en belasting, en gou het hy vasgesit met die adel en kerke. In ’n rebellie in 1326 is sy bewind omvergewerp deur ’n alliansie tussen Deense magnate en grawe Gerhard III van Holstein en Johan van Kiel.

Hy is gedwing om te abdikeer en te vlug terwyl ’n minder belangrike hertog, Waldemar van Suid-[[Jutland]], koning gemaak is met graaf Gerhard as regent. Hulle het Waldemar gedwing om afstand te doen van Suid-Jutland en ’n Deense koning het nooit weer oor dié gebied regeer nie. Knud Porse het Halland aan homself toegeëien vir die hulp wat hy aan grawe Gerhard en Johan verleen het. Die gestry oor wie watter deel van Denemarke moet kry, het gelei tot die verbrokkeling van die alliansie wat Christoffel gedwing het om te abdikeer.<ref>Danmarks Historie II www.perbenny.dk</ref>

Christoffel het tot in 1329 in ballingskap gewoon, maar ’n tweede kans gekry danksy ’n groeiende chaos in Denemarke en tweespalt tussen Gerhard en sy neef graaf Johan van Plön, Christoffel se halfbroer. Christoffel is herkies tot koning, maar dié keer was hy van die begin af ’n marionet. Die grootste deel van die land was verpand en hy het geen werklike mag gehad nie. Graaf Gerhard het Jutland as sy persoonlike eiendom ingepalm en graaf Johan het dieselfde gedoen met Funen en Seeland.

In 1331, in ’n konflik tussen grawe Gerhard en Johan, het Christoffel hom by laasgenoemde geskaar, maar hul magte is verslaan en Christoffel het daarna geen sê in die regering gehad nie. Hy is later in hegtenis geneem en is die volgende jaar as ’n geruïneerde man dood.