Verskil tussen weergawes van "Romeo en Juliet"

20 grepe bygevoeg ,  4 jaar gelede
geen wysigingsopsomming nie
k (Wysigings deur 2A02:C7D:2158:1300:5C9D:9E76:3102:23BA teruggerol na laaste weergawe deur Naudefj)
''Romeo en Juliet'' is etlike kere vir die verhoog, rolprent, musiekblyspel en opera verwerk. Gedurende die Engelse Restourasie het William Davenant dit teruggebring en hersien. David Garrick se weergawe uit die 18de eeu het ook etlike tonele gewysig en dele verwyder wat destyds as onbetaamlik beskou is, en Georg Benda se operaweergawe het baie van die aksie verwyder en ’n gelukkige einde bygevoeg. In die 20ste en 21ste eeu is die toneelstuk aangepas in weergawes so uiteenlopend soos George Cukor se rolprent uit 1935, ''Romeo and Juliet'', Franco Zeffirelli se weergawe van 1968, ''Romeo and Juliet'', en Baz Luhrmann se MTV-geïnspireerde ''Romeo + Juliet ''uit 1996.
 
<!-- == Karakters ==
Voltooi asb.
 
--
== Opsomming ==
Die toneelstuk speel in [[Verona]] af en begin met ’n straatgeveg tussen die knegte van die Montagues en Capulets, wat soos hulle meesters, geswore vyande is. Prins Escalus van Verona tree tussenbeide en verklaar dat ’n verdere versteuring van die vrede met die dood gestraf sal word Later praat Paris met Capulet daaroor om met sy dogter Juliet te trou, maar Capulet vra Paris om nog twee jaar te wag en nooi hom om ’n beplande bal by die Capulets by te woon. Lady Capulet en Juliet se kinderoppasser probeer Juliet oorreed om Paris se hofmakery te aanvaar.