Verskil tussen weergawes van "Slag van Magersfontein"

(Opruim)
Majoor George Benson het die bevel gekry om die Highland Brigade te lei na 'n punt sowat 700 meter suid van Magersfontein se suidpunt (spur) en om die punt rondom 3 uur in die oggend te ontplooi vir 'n aanval net voor eerstelig. Die beroemde [[Black Watch]] regiment was aan die voorhoede van die opmars en sou die heel regterkantste flank van die aanval uitgemaak het met die Seaforths aan hulle linkerflank en die Argyll en Sutherland Highlanders aan die Seaforths se linkerkant. Drie [[Infanterie]] artillerie batterye en 'n berede artillerie battery sou artillerie ondersteuning verskaf het. Die Britse kolonne het in geslote gelid gemarsjeer wat meegebring het dat sowat 3500 man in 'n gebied so min as 40 meter diep en 160 meter breed ingepas is.
 
'n [[Donderstorm]] gedurende die nag het die Britse opmars vertraag en ook veroorsaak dat hulle sowat 500 meter te ver links vanaf die beoogde ontplooiingspunt was. Ten spyte van Majoor Benson se aanbeveling aan Wauchope om die manne te ontplooi het Wauchope besluit om voort te marsjeer. 'n Ry [[swarthaak]]-bosse het hulle opmars verder vertraag en eers nadat die [[Black Watch]] hulle pad daardeur oopgebeur het, het Wauchope die bevel gegee om te ontplooi. Om vir die afwyking te vergoed het Wauchope die Seaforths beveel om die posisie regs van die Black Watch in te neem en die Argyll- en Sutherland Highlanders om verder regs van hulle te ontplooi. Baie van die manne het egter in die donker van hulle eenhede afgedwaal en sou onbewus gewees het van die veranderinge in die planne en het waarskynlik bygedra tot die verwarring tydens die gebeure wat daarop gevolg het.
 
Die Boere brandwagte sou ongetwyfeld die opmars gehoor het en het hul mede-burgers gewaarsku dat die Britse opmars onderweg was. Dis onseker watter gebeurtenis die Boereskuts laat losbrand het. Sommiges reken dit was die die klank van bajonette wat gemonteer is wat die Boere oortuig dat die Britte naby genoeg gekom het en daar word vertel dat 'n lantern op die kop uitgedoof as teken om te begin vuur. [[Sir Arthur Conan Doyle|Conan Doyle]] sê in sy boek dat 'n Boer wat by die geveg betrokke was aan hom gesê het dat dit die klank van verklikkers (blikkies wat aan drade gebind was) wat hulle laat skiet het. 'n Hewige vuur is op die Britse troepe losgelaat veral vanaf die Kroonstad en Hoopstad kommando's wat in loopgrawe skaars 400 m voor die Britte ingegrawe was. Chaos het in die Britse kolonne ontstaan en is baie van die troepe is binne die eerste paar minute van die geveg getref (Volgens Conan Doyle soveel as 700 binne die eerste 5 minute). Wauchope het die Black Watch saam met 'n groep van die Seaforths beveel om die "gaping" en die Sandsaklinie te storm maar kon nie meer as 40 m vorder nie en het groot verliese in die proses gelei. Generaal Wauchope en Kolonel Coode van die Black Watch het ook binne die eerste paar minute van die geveg gesneuwel. Teen hierdie tyd het dit al begin lig word en het die verliese begin toeneem onder die vegtende voorhoede wat op die grond met min beskutting neergepen was. Onder die agterhoede wat nog besig was met ontplooiing het paniek uitgebreek en het sowat 250 m teruggeval.