Verskil tussen weergawes van "Nederlandse monargie"

Opruim
(Royal Coat of Arms of the Netherlands.svg -> Royal coat of arms of the Netherlands.svg using GR 0.4)
(Opruim)
{{Inligtingskas
|naam = Huis van Oranje-Nassau
|kleur = #ccf
|opskrif5 =
|5 =
|opskrif6 =
|6 =
|opskrif7 =
|7 =
}}
 
Die huidige monargie is oorspronklik in 1813 gestig toe die Franse uitgedryf is en die destyde [[Prins van Oranje]] verklaar is tot soewereine prins van die [[Verenigde Nederland]]. Die status van die nuwe monargie is in 1815 bevestig by die [[Kongres van Wene]] as deel van die herindeling van [[Europa]] ná die val van Napoleon. Die hedendaagse [[Nederland]] en [[België]] is aan die Huis van Oranje-Nassau toegeken om oor te heers as die [[Verenigde Koninkryk van Nederland]]. Die koning van Nederland het ook die erflike groothertog van [[Luxemburg]] geword.
 
Die eerste koning van Nederland, [[Willem I van Nederland|Willem I]], was as kind van prinses Albertine -Agnes van Oranje Nassau (kleindogter van prins Willem van Oranje)’n direkte afstammeling van [[Willem I van Oranje|Willem van Oranje]] wat Nederland sedert 1568 gelei het in hul tagtigjarige stryd om onafhanklikheid van [[Spanje]]. Sy familie het ’n groot invloed op die Nederlandse politiek gehad en was afkomstig van [[Dillenburg]], [[Duitsland]], tuiste van die [[Nassau (hertogdom)|Nassau]]-familie. Willem se titel "Prins van Oranje" het hy gekry deur sy erfenis van die Prinsdom van [[Orange (Frankryk)|Orange]], Frankryk, in 1544.
 
Abdikasie het ’n tradisie geword in Nederland. [[Wilhelmina van Nederland|Koningin Wilhelmina]] en [[Juliana van Nederland|koningin Juliana]] het albei geabdikeer ten gunste van hul dogters en [[Willem I van Nederland|Willem I]] het geabdikeer ten gunste van sy oudste seun, [[Willem II van Nederland]]. Op 30 April 2013 het [[Beatrix van Nederland|koningin Beatrix]] geabdikeer ten gunste van haar oudste seun, [[Willem-Alexander van Nederland]].
</timeline>
 
Toe [[Wilhelmina van Nederland|Wilhelmina]] (regeer 1890-19481890–1948) op tienjarige ouderdom koningin word, het haar ma, [[Emma van Waldeck en Pyrmont|koningin Emma]], tweede vrou van wyle [[Willem III van Nederland|Willem III]], as regent waargeneem totdat Wilhelmina agtien word. [[Luxemburg, land|Luxemburg]] was onder die [[Saliese Wet]] nie bereid om ’n dame as heerser te aanvaar nie. Hule het [[Adolf, Groothertog van Luxemburg|Adolf]], die voormalige Hertog van Nassau, gekies as Groothertog van Luxemburg en so die vereniging tussen Nederland en Luxemburg beëindig. Wilhelmina se bewind is oorheers deur die twee wêreldoorloë. Sy en haar man, [[Hendrik van Nederland|Heinrich von Mecklenburg-Schwerin]], het een dogter, [[Juliana van Nederland|Juliana]], gehad wat in 1948 koningin geword het. Wilhelmina is in 1962 oorlede.
 
[[Juliana van Nederland|Juliana]] (regeer 1948-19801948–1980) het ’n meer moederlike karakter gehad. Sy het getrou met prins [[Prins Bernhard van Nederland|Bernard von Lippe-Biesterfeld]] en hulle het vier dogters gehad: [[Beatrix van Nederland|Beatrix]], [[Prinses Irene van Nederland|Irene]], [[Prinses Margriet van Nederland|Margriet]] en [[Prinses Christina van Nederland|Christina]]. Sy is op 20 Maart 2004 oorlede en haar man op 1 Desember 2004.
 
[[Beatrix van Nederland|Koningin Beatrix]] (regeer 1980-20131980–2013) en haar man, wyle [[Claus von Amsberg|prins Claus]], het drie seuns: [[Willem-Alexander van Nederland|Willem-Alexander]], [[Prins Friso van Oranje-Nassau|Friso]] en [[Prins Constantijn van Nederland|Constantijn]].
 
Koning [[Willem-Alexander van Nederland|Willem-Alexander]] (in 1967 gebore) was sedert 1980 die [[Prins van Oranje]]. Hy het geskiedenis aan die [[Universiteit van Leiden]] studeer en is getroud met koningin Máxima (gebore Máxima Zorreguieta Cerruti), ’n bankier wie se pa ’n minister van landbou in [[Argentinië]] was.
 
== Bronne ==
: ''Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Engelse Wikipedia-artikel [http[://en.wikipedia.org/wiki/Monarchy_of_the_Netherlands:Monarchy of the Netherlands]]''
{{Verwysings}}
 
== Eksterne skakels ==
[[Kategorie:Europese koningshuise]]
[[Kategorie:Nederlandse monarge| ]]
 
[[en:List of monarchs of the Netherlands]]
[[fr:Famille royale néerlandaise]]
[[nl:Lijst van Koningen der Nederlanden]]
[[ru:Список королей Нидерландов]]