Verskil tussen weergawes van "Margrethe I van Denemarke"

Opruim
k (Verplasing van 35 interwikiskakels wat op Wikidata beskikbaar is op d:q202266)
(Opruim)
|beeld2_onderskrif =
|opskrif1 = Periode
|1 = [[1375]]–[[1412]]1375–1412 (Denemarke) <br />[[1388]]–[[1412]]1388–1412 (Noorweë) <br />[[1389]]–[[1412]]1389–1412 (Swede)
|opskrif2 = Voorganger
|2 = [[Olaf II van Denemarke]] <br />[[Olaf II van Denemarke|Olaf IV van Noorweë]] <br />[[Albrecht van Swede]]
|opskrif3 = Opvolger
|3 = [[Erik van Pommere]]
|opskrif15 =
|15 =
|opskrif16 =
|16 =
|opskrif17 =
|17 =
|opskrif18 =
|18 =
|opskrif19 =
|19 =
|opskrif20 =
|20 =
}}
 
'''Margrethe I''' ([[Deens]]: Margrete Valdemarsdatter, [[Noors]]: Margrete Valdemarsdotter, [[Sweeds]]: Margareta Valdemarsdotter; 1353 – 28 Oktober 1412) was koningin van [[Denemarke]], [[Noorweë]] en [[Swede]] en die stigter van die [[Kalmarunie]], wat die koninkryke van [[Skandinawië]] vir langer as ’n eeu verenig het. Sy was die enigste koningin van Denemarke tot met die bewind van [[Margrethe II van Denemarke|Margrethe II]] vyf en half eeue later.
 
== Naam ==
Sy is in Denemarke bekend as "Margrethe I" om haar te onderskei van die [[Margrethe II van Denemarke|huidige koningin]]. Denemarke se grondwet het nie in dié tyd voorsiening gemaak vir ’n vrou op die troon nie en met haar seun, [[Olaf II van Denemarke|Olaf II]], se dood het sy die "almagtige dame, meesteres en regent van die Koninkryk van Denemarke" geword.<ref>Hvitfeldt, Arild.Danmarks Riges Krønike</ref> Sy het haarself eers in 1375 koningin van Denemarke begin noem. Die volgende jaar het sy Noorweë se "heersende koningin" geword. Na dié omverwerping van koning [[Albrecht van Swede|Albrekt van Mecklenburg]] se bewind in 1389 is sy gekies as "almagtige dame van Swede".
 
== Bewind ==
Margrethe was die dogter van [[Waldemar IV van Denemarke]] en [[Hedwig van Schleswig]]. Sy het op 10-jarige ouderdom getrou met koning [[Haakon VI Van Noorweë]], die jongste oorlewende seun van [[Magnus VII van Noorweë]] (Magnus II van Swede).
 
Met haar pa se dood het Margrethe verseker dat haar seun, [[Olaf II van Denemarke]], koning word. Hy was te jonk om te regeer en Margrethe het haarself bewys as ’n slu en bekwame regent. In 1380, toe sy pa dood is, het Olaf hom opgevolg as koning van Noorweë. Olaf is op 17-jarige ouderdom dood en die volgende jaar is Margrethe, wat albei koninkryke in sy naam regeer het, gekies as regent van Noorweë en Denemarke.
 
In Swede was die bevolking in opstand teen hul ongewilde koning, Albrecht. Verskeie adellikes het aan Margrethe geskryf dat as sy hulle help om van Albrecht ontslae te raak, sy regent van Swede sou word. Sy het nie gras onder haar voete laat groei nie en dadelik ’n leër op die been gebring om Swede binne te val.
 
In Maart 1388 het die Swede al Margrethe se voorwaardes aanvaar en het sy die "almagtige dame van Swede" geword – en die magtige heerser van drie koninkryke. Sy het die drie [[Skandinawië|Skandinawiese]] koninkryke op [[13 Junie]] [[1397]] verenig in ’n persoonlike unie onder een kroon vir haar opvolger, koning [[Erik van Pommere]].<ref>Hvitfeldt, Arild.Danmarks riges Krønike</ref>
 
== Erik van Pommere ==
Daar is van die begin af ooreengekom dat Margrethe die drie koninkryke so gou as moontlik van ’n koning sou voorsien. Volgens Noorweë mag sy saam met die nuwe koning regeer het. In 1389 het sy haar kleinneef [[Erik van Pommere]] aangewys as koning van Noorweë. In 1396 het hy ook die heerser van Denemarke en Swede geword. Margrethe was regent tot hy meerderjarig was.
 
’n Paar jaar na die Kalmarunie, toe Erik 18 was, is hy meerderjarig verklaar en het hy koning van al drie lande geword, maar terwyl Margrethe geleef het, was sy die ware heerser van Skandinawië. Sy is op 28 Oktober 1412 skielik oorlede.
 
== Verwysings ==
: ''Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Engelse Wikipedia-artikel [http[://en.wikipedia.org/wiki/Margaret_I_of_Denmark:Margaret I of Denmark]]''
{{Verwysings}}
<references/>
 
{{Deense monarge}}