Verskil tussen weergawes van "Charles Montesquieu"

geen wysigingsopsomming nie
k
[[Lêer:Montesquieu 1.png|duimnael|Charles Montesquieu]]
 
'''Charles Louis de Secondat''', ''baron de La Brède et de Montesquieu'' (kasteel van La Brède naby [[Bordeaux]], [[18 Januarie]] [[1689]] – [[Parys]], [[10 Februarie]] [[1755]], sy naam word gereeld verkort tot ''Charles de Montesquieu'' of slegs '''Montesquieu''', was 'n [[Franse]] [[filosoof]]. Hy word beskou as een van die grondleggers van die [[sosiologie]] en as een van die belangrikste filosowe tydens die [[Verligting]].
Die huidige politieke instellings in Westerse [[Demokrasie | demokrasieë]] is mede gebaseer op idees van hom en [[John Locke]]. Sy idee van die skeiding van die magte is veral belangrik. Dit kom voort uit sy kritiek op die Franse samelewing in die tyd en dan veral as gevolg van die buitensporigheid van die absolutisme, wat hy aandui as despotisme.
 
==Biografie==
Montesquieu word gebore in 'n familie van parlementariërs. Hy gaan skool van [[1700]] tot [[1705]] aan die ''Collège de Juilly'' ([[Île-de-France]]). Daarna studeer hy regte in Bordeaux tot [[1708]], waarna hy na Parys vertrek om meer kennis te bekom van die reg soos dit toegepas word in die praktyk. In [[1713]] keer hy terug na Bordeaux, nadat sy vader oorlede is. 'n Jaar later word hy lid van die Parlement van Bordeaux. Op [[30 April]] [[1715]] trou hy met Jeanne die Lartigue, 'n protestantse vrou uit 'n ryk familie van wie hy 'n groot bruidskat ontvang. In [[1716]] kry hy 'n nog groter erfenis van sy oom. Hy word ''président à mortier'' van die Parlement van Bordeaux en kry die titel Baron Montesquieu. In dieselfde tyd begin hy belangstelling ontwikkel in die [[politiek]] en [[wetenskap]], veral na die dood van [[Lodewyk XIV van Frankryk]] in [[1715]] toe tydens die ''Régence''of regentskap-periode die politieke klimaat drasties in Frankryk verander het. Hy skryf enkele wetenskaplike verhandelinge vir die Akademie van Bordeaux.
 
== Biografie ==

== Eksterne skakels ==
* {{Commonskat-inlyn|Montesquieu}}
* {{Gutenberg author|id=Montesquieu,+Charles+de+Secondat,+baron+de}}
 
[[Kategorie:Franse filosowe]]