Verskil tussen weergawes van "Charles Montesquieu"

1 117 grepe bygevoeg ,  4 jaar gelede
geen wysigingsopsomming nie
== Biografie ==
Montesquieu word gebore in 'n familie van parlementariërs. Hy gaan skool van [[1700]] tot [[1705]] aan die ''Collège de Juilly'' ([[Île-de-France]]). Daarna studeer hy regte in Bordeaux tot [[1708]], waarna hy na Parys vertrek om meer kennis te bekom van die reg soos dit toegepas word in die praktyk. In [[1713]] keer hy terug na Bordeaux, nadat sy vader oorlede is. 'n Jaar later word hy lid van die Parlement van Bordeaux. Op [[30 April]] [[1715]] trou hy met Jeanne die Lartigue, 'n protestantse vrou uit 'n ryk familie van wie hy 'n groot bruidskat ontvang. In [[1716]] kry hy 'n nog groter erfenis van sy oom. Hy word ''président à mortier'' van die Parlement van Bordeaux en kry die titel Baron Montesquieu. In dieselfde tyd begin hy belangstelling ontwikkel in die [[politiek]] en [[wetenskap]], veral na die dood van [[Lodewyk XIV van Frankryk]] in 1715 toe tydens die ''Régence''of regentskap-periode die politieke klimaat drasties in Frankryk verander het. Hy skryf enkele wetenskaplike verhandelinge vir die Akademie van Bordeaux.
 
Montesquieu was van mening dat die grootsheid van Frankryk te danke was aan die adel wie as 'n onafhanklike mag die wette beskerm en opgekom het vir die burgers. Die regeerperiode van Lodewyk XI ([[1461]]-[[1483]]) sou hieraan 'n einde maak. Onder hom sou handelaars se invloed toeneem ten koste van die adel en die plaaslike gemeenskappe, met despotisme as gevolg. [[Versailles]] word volgens Montesquieu 'n gehate magsentrum. Dié standpunt word deur Franz Leopold Neumann aangedui as die ''thèse nobiliaire'' en staan in die tyd teenoor die ''thèse royale''.
 
Vanaf [[1728]] was hy lid van die ''Académie française'', nadat hy sy parlementêre funsie opgegee het om sy skuld aftebetaal. In dieselfde jaar begin hy 'n lang reis deur 'n groot deel van [[Europa]], waartydens hy [[Oostenryk]], [[Hongarye]], [[Italië]], [[Duitsland]], [[Nederland]] en [[Engeland]] besoek. In [[1730]] word hy in [[Londen]] lid van die [[Vrymesselary]]. Na sy terugkeer in Frankryk in [[1731]] leef hy grootliks in afsondering in die [[kasteel]] van La Brèdie in Aquitanië, waar hy homself van toe af toelê op skryfwerk.
 
 
== Eksterne skakels ==
16 684

wysigings