Verskil tussen weergawes van "Higiëne"

207 grepe verwyder ,  5 jaar gelede
Opruim
(Geskep deur die bladsy "Hygiene" te vertaal)
 
(Opruim)
[[Lêer:Poster_Poster "Stop_microbes_use_good_hygieneStop microbes use good hygiene".jpg|duimnael|Plakkaat om bewustheid te kweek ten opsigte van die belangrikheid van skoon water vir voedsel higiëne. (Plakkaat vir gebruik in Asiatiese lande)]]
'''Higiëne''' is die gebruike wat uitgevoer word om goeie [[gesondheid]] te handhaaf. Volgens die Wêreld Gesondheidsorganisasie (WGO) verwys higiëne na " omstandighede en gebruike wat bydra om gesondheid te handhaaf en die verspreiding van siektes te voorkom".<ref>[http://www.who.int/topics/hygiene/en/ Hygiene]</ref>
 
Waar dit in die algemene spreektaal verstaan word as "sindelikheid", dra higiëne in sy oorspronklike betekenis veel meer inhoud oor en sluit dit in alle toestande en gebruike, lewenstyl kwessies, opvattings en kommoditeite wat bydra tot 'n veilige en gesonde omgewing. Terwyl die [[mediese wetenskap]] 'n standaard stel vir hiegiëne in verskillende situasies, kan dit wat as higiënies beskou word tussen kultuurgroepe verskillend wees en selfs tussen geslagte.<span class="cleanup-needed-content" style="padding-left:0.1em; padding-right:0.1em; color:#595959; border:1px solid #DDD;" contenteditable="false"></span>Sommige gewone higiëniese praktyke kan deur 'n samelewing beskou word as goeie gewoontes terwyl die afskeep van higiëne beskou kan word as afstootlik, onbeleefd en selfs bedreigend.
 
== Agtergrond ==
[[Lêer:OCD_handwashOCD handwash.jpg|regs|duimnael|Handewas is een van die mees effektiewe vorme van higiëne om die verspreiding van [[aansteeklike siektes]] te voorkom.]]
Higiëne is 'n konsep verwant aan sindelikheid, gesondheid en geneeskunde.  Higiëniese gebruike word toegepas in geneeskunde en  in huishoudings as voorkomende maatreëls om die voorkoms en verspreiding van siektes te bekamp. Goeie higiëne is 'n sleutelfaktor tot [[gehalteversekering]] in die vervaardiging van voedsel, farmaseutiese en kosmetiese produkte.  Die terme [[sindelikheid]] en higiëne word dikwels gelykwaardig aan mekaar gebruik en kan tot verwarring lei.  In die algemeen verwys higiëne na gebruike wat die verspreiding van siekteveroorsakende organismes voorkom. Aangesien skonnmaakprosesse - soos handewas - aansteeklike mikrobes en vuilheid verwyder, word dit dikwels beskou as metodes om higiëne te handhaaf.  Ander gebruike van die term verskyn in sinsdele wat insluit: [[persoonlike higiëne]], [[slaaphigiëne]], [[geestesgesondheid]], [[mondhigiëne]] en [[beroepsgesondheid]] wat verband hou met publieke gesondheid. ''Higiëne'' is ook 'n vertakking van wetenskap wat gemoeid is met die bevordering en handhawing van gesondheid. Higiëniese praktyke is baie uiteenlopend en wat aanvaarbaar is binne een [[kultuur]] mag taboe wees in 'n ander.
 
== Mediese higiëne ==
 
Mediese higiëniese praktyke sluit in:
* [[Isolasie]] of [[kwarantyn]] van aansteeklike persone of materiaal om verspreiding van infeksie te voorkom. 
* [[:en:Sterilization_Sterilization (microbiology)|Sterilisasie]] van instrumente wat in [[chirurgiese prosedures]] gebruik word.
* Die gebruik van beskermende klere soos [[maskers]], [[jurke]], [[kappies]], [[brille]] en [[handskoene]]. 
* Korrekte [[verbinding]] en [[wonddekking]] van [[beserings]].
* Veilige [[opruiming]] van [[mediese afval]].
* Skrop en handewas  in die operasie teater maar ook in die mediese sorgomgewing waar siektes oorgedra kan word.
* <ref>[http://www.nytimes.com/2009/09/17/health/17chen.html Why Don’t Doctors Wash Their Hands More?]</ref>
Die meeste van hierdie praktyke is ontwikkel in die 19de eeu en was goed gevestig teen die middel van die 20ste eeu. Sommige prosedures (soos die weggooi van [[:en:Medical_wasteMedical waste|mediese afval]]) is verfyn in reaksie op die uitbreek van siektes soos veral [[Vigs|VIGS]] en [[Ebola]] teen die laat 20ste eeu.
 
== Huishoudelike en  alledaagse higiëne ==
Huishoudelike higiëne  het betrekking op die higiëniese praktyke wat die insidensie van siektes en die verspreiding daarvan minimaliseer of voorkom in die huishoudelike omgewing en in alledaagse omstandighede soos sosiale geleenthede, openbare vervoer, die werkplek en openbare plekke.
 
Higiëne tuis en in alledaagse situasies speel 'n belangrike rol om die verspreiding van aansteeklike siektes te voorkom.<ref name="globalburden">Bloomfield SF, Exner M, Fara GM, Nath KJ, Scott, EA; Van der Voorden C. The global burden of hygiene-related diseases in relation to the home and community. (2009) International Scientific Forum on Home Hygiene. </ref> Dit sluit prosedures in wat gebruik word in 'n verskeidenheid van huishoudelike situasies soos hand higiëne, respiratoriese higiëne, kos en water higiëne, algemene huishoudelike higiëne (higiëne van terreine en oppervlaktes), versorging van diere en  huishoudelike gesondheidsorg (die versorging van diegene wat 'n groter risiko loop om infeksie op te doen).
 
Hierdie komponente van higiëne word tans beskou as aparte kwessies, alhoewel dit gebaseer is op die dieselfde onderliggende mikrobiologiese beginsels. Die voorkoming van die verspreiding van aansteeklike siektes is daarin vervat dat die  ketting van infeksieoordrag verbreek moet word. Die eenvoudige beginsel is dat infeksie nie kan versprei wanneer die oordragketting verbreek is nie. In reaksie op die behoefte aan doeltreffende riglyne vir huishoudelike higiëne het die Internasional Scientific Forum on Home Hygiene 'n [[:en:Probabilistic_risk_analysisProbabilistic risk analysis|risiko-gebaseerde benadering]] (gebaseer op Hazard Analysis Critical Control Point ([[:en:HACCP|HACCP]]) ontwikkel wat bekend geword het as "geteikende higiëne". Geteikende higiëne is gebaseer op die identifisering van die roetes van die verspreiding van patogene in die huis, en die toepassing van higiëniese prosedures op kritieke punte en gepaste tye om die ketting van infeksie te verbreek.
 
Die belangrikste bronne van infeksie in die huis<ref name="sustainability">http://www.ifh-homehygiene.com/review/chain-infection-transmission-home-and-everyday-life-settings-and-role-hygiene-reducing-risk</ref> is mense (wat  draers is of besmet is), voedsel (veral verwerkte voedsel) en water, en huishoudelike diere (in westerse lande meer as 50% van huishoudings een of meer troeteldiere). Daarbenewens is daar plekke waar stagnante water versamel &#x2014;soos wasbakke, toilette, afvoerpype, skoonmaak gereedskap, waslappe&#x2014;&#x20;&#x61;&#x6C;&#x20;&#x68;&#x69;&#x65;&#x72;&#x64;&#x69;&#x65;&nbsp; — al hierdie ondersteun mikrobiese groei, en kan sekondêre reservoirs van infeksie wees. [[Mikro-organisme|Kieme]] (potensieel aansteeklike bakterieë, virusse, ens.) word voortdurend afgeskei  via slymvliese, ontlasting, braaksel, velskubbe, ens. Wanneer die omstandighede dus kombineer, word mense blootgestel - hetsy direk of deur kos of water, en kan 'n infeksie ontwikkel. Die belangrikste "paaie" vir die verspreiding van kieme<ref name="sustainability">http://www.ifh-homehygiene.com/review/chain-infection-transmission-home-and-everyday-life-settings-and-role-hygiene-reducing-risk</ref> in die huis is die hande, hand - en voet kontakoppervlaktes, skoonmaak
lappe en gereedskap. Kieme kan ook versprei deur klere en huishoudelike linne soos handdoeke. Dienste soos toilette en wasbakke, byvoorbeeld, is ontwerp vir die veilige hantering van  menslike afval, maar daar is steeds risiko's verbonde wat krities kan wees op sekere tye, bv. wanneer iemand siek is  of diarree het. Veilige verwydering van menslike afval is 'n fundamentele behoefte; swak [[:en:Sanitation|sanitasie]] is 'n primêre oorsaak van diarree en siekte in lae-inkomste gemeenskappe. Respiratoriese virusse en swamspore word ook deur die lug versprei.
 
Goeie huishoudelike higiëne behels dat die ketting van infeksie verbreek moet word sodat kieme nie kan versprei nie.<ref name="sustainability">http://www.ifh-homehygiene.com/review/chain-infection-transmission-home-and-everyday-life-settings-and-role-hygiene-reducing-risk</ref> Die aansteeklike dosis van sekere patogene mag baie klein wees (10-100 lewensvatbare eenhede, of selfs minder vir sommige virusse), en infeksie kan die gevolg wees van direkte kontak met oppervlaktes deur die hande of kos wat na die mond, oë of neus oorgedra kan word. Higiëniese reinigings metodes moet voldoende wees om patogene van kritiese oppervlaktes te verwyder en kan op die volgenede maniere hanteer word:
* Meganiese verwydering (d. w. s skoonmaak) met die gebruik van 'n [[:en:Soap|seep]] of [[:en:Detergent|wasmiddel]]. Om 'n doeltreffende reinigingsmetode te wees moet die oppervlakte afgespoel word met lopende water om sodoende die kieme van die oppervlak te verwyder.
* Die gebruik van produkte wat patogene op die plek inaktiveer. Kiemdoding word bereik met produkte wat mikro-biododer bevat (bakteriosidaal) - dus 'n [[:en:Disinfectant|ontsmettingsmiddel]] of [[Antibiotikum|antibakteriese]] produk of waterlose handreiniger, of deur die toepassing van hitte.
* In sommige gevalle word kiemverwydering - en doding gekombineer soos wanneer klere, handdoeke of linne gewas word.
 
=== Hand higiëne ===
[[Lêer:Finished_UDDT_in_Pumpuentsa_Finished UDDT in Pumpuentsa (5630907486).jpg|duimnael|'n Kantelkraan vir handewas na die gebruik van 'n [[:en:Urine-diverting_dry_toiletdiverting dry toilet|urine- omleidings droë toilet]] in Pumpuentsa, Ecuador]]
Hand higiëne is sentraal tot die voorkoming van die verspreiding van aansteeklike siektes in die huis en die alledaagse lewe.<ref name="handhygiene">Bloomfield, SF, Aiello AE, Cookson B, O’Boyle C, Larson, EL, The effectiveness of hand hygiene procedures including hand-washing and alcohol-based hand sanitizers in reducing the risks of infections in home and community settings" American Journal of Infection Control 2007;35, suppl 1:S1-64</ref>
 
In situasies waar handewas met seep nie 'n opsie is nie (bv. in 'n openbare plek met geen toegang tot wasfasiliteite), kan 'n waterlose handreiniger soos 'n [[:en:Hand_sanitizerHand sanitizer|alkohol handgel]] gebruik kan word. Om doeltreffend te wees, moet 'n alkohol handgel nie minder as 60%v/v alkohol bevat nie. Handreinigers is nie 'n opsie in die meeste ontwikkelende lande nie. In situasies met beperkte water  is daar water-bewaringsoplossings, soos bv. die "tippy tap" of kantelkraan. Dit is 'n eenvoudige toestel waar 'n beker aan 'n tou opgehang word  en 'n voetpedaal getrap word om 'n klein hoeveelheid water oor die hande uit te giet, met 'n koekie seep daarnaas om hande te was.<ref>{{Sjabloon:Cite news|first1=Ankita|last1=Rao|title=When Low-Tech Solutions Win|url=http://www.slate.com/blogs/future_tense/2014/09/11/tippytap_handwashing_stations_demonstrate_how_low_tech_solutions_can_win.html|publisher=|newspaper=Slate|date=11 September 2014|location=|issn=1091-2339|isbn=|pages=|volume=|series=|issue=|doi=|accessdate=}}</ref> In lae-inkomste gemeenskappe word modder of as somtyds gebruik as 'n alternatief vir seep.
 
Die Wêreld Gesondheidsorganisasie beveel aan dat hande met as gewas word in noodgevalle,<ref>http://www.who.int/water_sanitation_health/publications/2011/tn5_treatment_water_en.pdf?ua=1</ref> By skole sonder toegang tot seep <ref>http://www.who.int/water_sanitation_health/publications/wash_standards_school.pdf?ua=1</ref> en in ander moeilike situasies - soos post-noodgevalle - word die gebruik van skoon sand aanbeveel.<ref>http://www.who.int/water_sanitation_health/emergencies/qa/emergencies_qa17/en/</ref> Die gebruik van  as is algemeen en eksperimente het getoon dat dit ten minste so effektief soos seep is vir die verwydering van bakterieë.<ref>Baker et al. 2014 Association between Moderate-to-Severe Diarrhea in Young Children in the Global Enteric Multicenter Study (GEMS) and Types of Handwashing Materials Used by Caretakers in Mirzapur, Bangladesh. </ref>
 
=== Respiratoriese higiëne ===
Die korrekte respiratoriese en handhigiëne wanneer mense hoes of nies verminder die verspreiding van kieme - veral tydens die verkoue en griep seisoen.<ref name="globalburden">Bloomfield SF, Exner M, Fara GM, Nath KJ, Scott, EA; Van der Voorden C. The global burden of hygiene-related diseases in relation to the home and community. (2009) International Scientific Forum on Home Hygiene. </ref>
* Hou sneesdoekies byderhand en gebruik dit om nies en hoes te bedek.Gooi sneesdoekies so gou as moontlik weg.
* Was hande gereeld of gebruik 'n alkohol handreiniger.
 
=== Voedsel higiëne in huishoudings ===
Voedselhigiëne hou verband met praktyke wat voedselvegiftiging voorkom. Volgens die WGO is daar vyf sleutelbeginsels rakende voedselhigiëne:<ref>{{Sjabloon:Cite web|url=http://www.who.int/foodsafety/consumer/5keys/en/index.html|title=WHO &#124; Prevention of foodborne disease: Five keys to safer food|publisher=Who.int|accessdate=2012-11-14}}</ref>
# Voorkom die besmetting van voedsel met chemikalieë  of deur insekte, mense of diere.
# Hou rou en gaargemaakte voedsel apart om te verhoed dag gaar kos deur rou kos besmet word.
 
=== Hantering en berging van huishoudelike water ===
Die kwaliteit van drinkwater bly steeds 'n groot probleem , nie net vir ontwikkelende lande nie, maar ook in ontwikkelde lande.<ref name="WHO2007">Combating waterborne disease at the household level. </ref> Selfs in Europa word beraam dat 1120 miljoen mense nie toegang het tot [[veilige drinkwater]] nie.<ref name="IFHhhwater">International Scientific Forum on Home Hygiene. </ref>  Intervensies tov waterkwaliteit wat by die gebruikspunt plaasvind kan diarree verwante siektes - in gemeenkappe waar waterkwaliteit swak is - beperk, asook tydens noodtoestande wanneer daar 'n onderbreking is in water voorsiening.<ref name="WHO2007">Combating waterborne disease at the household level. </ref><ref name="IFHhhwater">International Scientific Forum on Home Hygiene. </ref><ref name="Clasen2008">Clasen TF, Haller L. Water quality interventions to prevent diarrhea: cost and cost-effectiveness. 2008, World Health Organisation, Geneva. </ref><ref name="who.int">[http://www.who.int/household_water/resources/emergencies.pdf Household water treatment following disasters and emergencies.]</ref> Aangesien water besmet kan raak tydens berging ( bv. deur vuil hande of vuil houers) is die veilige opberging van water in huishoudings ook belangrik.
 
Metodes vir die behandeling van drinkwater,<ref name="who.int">[http://www.who.int/household_water/resources/emergencies.pdf Household water treatment following disasters and emergencies.]</ref><ref name="hygieneprocedures">Beumer R, Bloomfield SF, Exner M, Fara GM, Nath KJ, Scott EA. </ref> sluit die volgende in:
 
 
Metodes vir die behandeling van drinkwater,<ref name="who.int">[http://www.who.int/household_water/resources/emergencies.pdf Household water treatment following disasters and emergencies.]</ref><ref name="hygieneprocedures">Beumer R, Bloomfield SF, Exner M, Fara GM, Nath KJ, Scott EA. </ref> sluit die volgende in:
# Chemiese ontsmetting met die gebruik van chloor of jodium
# Kook van water
# Filtrasie deur die gebruik van keramiek filters
# Sonkrag ontsmetting - Son ontsmetting is 'n effektiewe metode, veral wanneer daar geen chemiese ontsmettingsmiddels beskikbaar is nie.<ref>http://www.who.int/water_sanitation_health/dwq/wsh0207/en/</ref>
# UV bestraling -  Die lampe kan bo-oor die watermassa opgehang word of onder die watervloei wees.
# Gekombineer flokkulasie/ontsmetting stelsels – beskikbaar as poeiersakkies  wat stolling en vlokking van sediment bewerkstellig, gevolg deur die vrystelling van chloor.
# Multi-versperringsmetodes – Sommige stelsels maak gebruik van twee of meer van die bogenoemde metodes in kombinasie of opeenvolgend om die  doeltreffendheid te optimaliseer.
 
== ReferencesVerwysings ==
{{ReflistVerwysings|colwidth=30em}}
 
[[Kategorie:Higiëne]]