Maak hoofkeuseskerm oop

Wysigings

2 grepe bygevoeg ,  3 jaar gelede
k
Quebec lê in die ooste van Kanada en word deur die Engelstalige provinsie Ontario en die [[Hudsonbaai]] in die weste, die [[Atlantiese Oseaan]] met die Labradorsee, die provinsie [[Newfoundland en Labrador]] (Frans: ''Terre-Neuve'') en die provinsie Nouveau-Brunswick in die ooste, die Verenigde State (met die deelstate [[Maine]], [[New Hampshire]], [[Vermont]] en [[New York (staat)|New York]]) in die suide en die [[Arktiese Oseaan]] in die noorde begrens.
[[Lêer:L'îleauxBasques-TroisPistoles.jpg|duimnael|L'Île-aux-Basques naby Trois-Pistoles, een van die eilande in die Sint-Laurensrivier]]
Quebec is Kanada se grootste provinsie en beslaan 15,5 persent van Kanadadie land se totale oppervlakte en sowat drie keer die oppervlakte van Frankryk. Die provinsie vorm 'n reusagtige landmassa, wat van die 45<sup>ste</sup> noordelike breedtegraad tot by die Arktiese See strek. Die grootste deel van die gebied, veral die noordelike gebiede van Nouveau-Québec, is egter yl bevolk. Meer as 90 persent van Quebec se oppervlakte lê binne die [[Kanadese Skild]], 'n baie ou geologiese gebied, wat geskiedkundig ook as die Ungava-gewes bekend staan. Die [[Laurentides]]-gebergte noord van Montréal is die oudste bergreeks ter wêreld.
 
In die jare 1898 en 1912 besluit die Kanadese Parlement om die groot noordelike gebiede, ''Le Grand Nord Québécois'', by die provinsie te voeg. 'n Groot deel van die noord-oostelike gebiede maak oorspronklik deel uit van die Noordwes-Territorium. Hierdie gebiede sluit ook die Jamesbaai in, waar sommige van die grootste Kanadese hidrokragsentrales teen die La Granderivier opgerig is. Hulle word deur die maatskappy [[Hydro-Québec]] beheer, 'n onderneming in besit van die provinsie.
99 529

wysigings