Maak hoofkeuseskerm oop

Wysigings

120 grepe verwyder, 3 jaar gelede
+DEFAULTSORT
'''Higiëne''' is die gebruike wat uitgevoer word om goeie [[gesondheid]] te handhaaf. Volgens die Wêreld Gesondheidsorganisasie (WGO) verwys higiëne na " omstandighede en gebruike wat bydra om gesondheid te handhaaf en die verspreiding van siektes te voorkom".<ref>[http://www.who.int/topics/hygiene/en/ Hygiene]</ref>
 
Waar dit in die algemene spreektaal verstaan word as "sindelikheid", dra higiëne in sy oorspronklike betekenis veel meer inhoud oor en sluit dit in alle toestande en gebruike, lewenstyl kwessies, opvattings en kommoditeite wat bydra tot 'n veilige en gesonde omgewing. Terwyl die [[mediese wetenskap]] 'n standaard stel vir hiegiënehigiëne in verskillende situasies, kan dit wat as higiënies beskou word tussen kultuurgroepe verskillend wees en selfs tussen geslagte.Sommige gewone higiëniese praktyke kan deur 'n samelewing beskou word as goeie gewoontes terwyl die afskeep van higiëne beskou kan word as afstootlik, onbeleefd en selfs bedreigend.
 
== Agtergrond ==
Mediese higiëniese praktyke sluit in:
* [[Isolasie]] of [[kwarantyn]] van aansteeklike persone of materiaal om verspreiding van infeksie te voorkom.
* [[:en:Sterilization (microbiology)|Sterilisasie]] van instrumente wat in [[chirurgiese prosedures]] gebruik word.
* Die gebruik van beskermende klere soos [[maskers]], [[jurke]], [[kappies]], [[brille]] en [[handskoene]].
* Korrekte [[verbinding]] en [[wonddekking]] van [[beserings]].
* Skrop en handewas  in die operasie teater maar ook in die mediese sorgomgewing waar siektes oorgedra kan word.<ref>[http://www.nytimes.com/2009/09/17/health/17chen.html Why Don’t Doctors Wash Their Hands More?]</ref>
 
Die meeste van hierdie praktyke is ontwikkel in die 19de eeu en was goed gevestig teen die middel van die 20ste eeu. Sommige prosedures (soos die weggooi van [[:en:Medical waste|mediese afval]]) is verfyn in reaksie op die uitbreek van siektes soos veral [[Vigs|VIGS]] en [[Ebola]] teen die laat 20ste eeu.
 
== Huishoudelike en  alledaagse higiëne ==
Higiëne tuis en in alledaagse situasies speel 'n belangrike rol om die verspreiding van aansteeklike siektes te voorkom.<ref name="globalburden">Bloomfield SF, Exner M, Fara GM, Nath KJ, Scott, EA; Van der Voorden C. The global burden of hygiene-related diseases in relation to the home and community. (2009) International Scientific Forum on Home Hygiene.</ref> Dit sluit prosedures in wat gebruik word in 'n verskeidenheid van huishoudelike situasies soos hand higiëne, respiratoriese higiëne, kos en water higiëne, algemene huishoudelike higiëne (higiëne van terreine en oppervlaktes), versorging van diere en  huishoudelike gesondheidsorg (die versorging van diegene wat 'n groter risiko loop om infeksie op te doen).
 
Hierdie komponente van higiëne word tans beskou as aparte kwessies, alhoewel dit gebaseer is op die dieselfde onderliggende mikrobiologiese beginsels. Die voorkoming van die verspreiding van aansteeklike siektes is daarin vervat dat die  ketting van infeksieoordrag verbreek moet word. Die eenvoudige beginsel is dat infeksie nie kan versprei wanneer die oordragketting verbreek is nie. In reaksie op die behoefte aan doeltreffende riglyne vir huishoudelike higiëne het die Internasional Scientific Forum on Home Hygiene 'n [[:en:Probabilistic risk analysis|risiko-gebaseerde benadering]] (gebaseer op Hazard Analysis Critical Control Point ([[:en:HACCP|HACCP]]) ontwikkel wat bekend geword het as "geteikende higiëne". Geteikende higiëne is gebaseer op die identifisering van die roetes van die verspreiding van patogene in die huis, en die toepassing van higiëniese prosedures op kritieke punte en gepaste tye om die ketting van infeksie te verbreek.
 
Die belangrikste bronne van infeksie in die huis<ref name="sustainability">http://www.ifh-homehygiene.com/review/chain-infection-transmission-home-and-everyday-life-settings-and-role-hygiene-reducing-risk</ref> is mense (wat  draers is of besmet is), voedsel (veral verwerkte voedsel) en water, en huishoudelike diere (in westerse lande meer as 50% van huishoudings een of meer troeteldiere). Daarbenewens is daar plekke waar stagnante water versamel — soos wasbakke, toilette, afvoerpype, skoonmaak gereedskap, waslappe — al hierdie ondersteun mikrobiese groei, en kan sekondêre reservoirs van infeksie wees. [[Mikro-organisme|Kieme]] (potensieel aansteeklike bakterieë, virusse, ens.) word voortdurend afgeskei  via slymvliese, ontlasting, braaksel, velskubbe, ens. Wanneer die omstandighede dus kombineer, word mense blootgestel – hetsy direk of deur kos of water, en kan 'n infeksie ontwikkel. Die belangrikste "paaie" vir die verspreiding van kieme<ref name="sustainability">http://www.ifh-homehygiene.com/review/chain-infection-transmission-home-and-everyday-life-settings-and-role-hygiene-reducing-risk</ref> in die huis is die hande, hand – en voet kontakoppervlaktes, skoonmaak
lappe en gereedskap. Kieme kan ook versprei deur klere en huishoudelike linne soos handdoeke. Dienste soos toilette en wasbakke, byvoorbeeld, is ontwerp vir die veilige hantering van  menslike afval, maar daar is steeds risiko's verbonde wat krities kan wees op sekere tye, bv. wanneer iemand siek is  of diarree het. Veilige verwydering van menslike afval is 'n fundamentele behoefte; swak [[:en:Sanitation|sanitasie]] is 'n primêre oorsaak van diarree en siekte in lae-inkomste gemeenskappe. Respiratoriese virusse en swamspore word ook deur die lug versprei.
 
Goeie huishoudelike higiëne behels dat die ketting van infeksie verbreek moet word sodat kieme nie kan versprei nie.<ref name="sustainability">http://www.ifh-homehygiene.com/review/chain-infection-transmission-home-and-everyday-life-settings-and-role-hygiene-reducing-risk</ref> Die aansteeklike dosis van sekere patogene mag baie klein wees (10-100 lewensvatbare eenhede, of selfs minder vir sommige virusse), en infeksie kan die gevolg wees van direkte kontak met oppervlaktes deur die hande of kos wat na die mond, oë of neus oorgedra kan word. Higiëniese reinigings metodes moet voldoende wees om patogene van kritiese oppervlaktes te verwyder en kan op die volgenedevolgende maniere hanteer word:
* Meganiese verwydering (d. w. s skoonmaak) met die gebruik van 'n [[:en:Soap|seep]] of [[:en:Detergent|wasmiddel]]. Om 'n doeltreffende reinigingsmetode te wees moet die oppervlakte afgespoel word met lopende water om sodoende die kieme van die oppervlak te verwyder.
* Die gebruik van produkte wat patogene op die plek inaktiveer. Kiemdoding word bereik met produkte wat mikro-biododer bevat (bakteriosidaal) – dus 'n [[:en:Disinfectant|ontsmettingsmiddel]] of [[Antibiotikum|antibakteriese]] produk of waterlose handreiniger, of deur die toepassing van hitte.
* In sommige gevalle word kiemverwydering – en doding gekombineer soos wanneer klere, handdoeke of linne gewas word.
 
{{Verwysings|colwidth=30em}}
 
{{DEFAULTSORT:Higiene}}
[[Kategorie:Higiëne| ]]