Verskil tussen weergawes van "Pous Gregorius I"

Geen grootteverandering nie ,  5 jaar gelede
geen wysigingsopsomming nie
k (→‎Opvolging: Link FA is now handled by Wikidata, removed: {{Link FA|fi}} using AWB (10861))
{{Inligtingskas Pous
|Afrikaanse naam=Pous Gregorius I die Grote
|beeld=[[Lêer:gregorythegreat.jpg|thumbduimnael]]
|geboortenaam=
|termyn_begin=[[3 September]] [[590]]
|voorganger=[[Pous Pelagius II|Pelagius II]]
|opvolger=[[Pous Sabinianus|Sabinianus]]
|geboortedatum= ±[[540]]
|geboorteplek= [[Rome]], [[Italië]]
|sterftedatum=[[12 Maart]] [[604]]
|sterfteplek=[[Rome]], [[Italië]]
|ander=Gregorius
}}
 
'''Gregorius I''' was die 64ste [[pous]] van die [[Rooms-Katolieke Kerk]]. In die [[Ortodokse Kerk]] word hy '''Gregorius Dialogus''' genoem.
 
== Biografie ==
'''Pous Gregorius I''' is in [[Rome]] gebore ongeveer in die jaar [[540]]. Sy oupagrootjie se pa was [[Pous Felix III]]. Sy pa se naam was [[Gordianus]] en sy ma was [[Sint Silvia]]. Op [[3 September]] [[590]] volg hy [[Pous Pelagius II]] op en regeer tot sy dood op [[12 Maart]] [[604]]. Hy word opgevolg deur [[Pous Sabinianus]].
Die naam ‘Gregorius’ beteken 'wagter'.
 
Pous Gregorius I was baie beïndruk deur die reglement van die [[Benediktyne]]-kloosterorde. Hy het 'n biografie van [[Sint Benedictus van Nursia]] die stigter van die kloosterorde geskrywe waardeur die orde nog meer populêr geword het. Hy was ook 'n aanhanger van [[Augustinus van Hippo]].
Gregorius staan bekend as 'n goeie administrateur en organiseerder. In [[573]] word hy prefek van [[Rome]], maar besluit om monnik te word. Hy herorganiseer die finansies van die pousdom. By die invalle van die [[Lombarde]] het hy persoonlik na die verdediging van [[Rome]] omgesien en vir vrede onderhandel. Hy het [[Augustinus van Kantelberg]] as sendeling na Brittanje gestuur. Gregorius het die mag van die pous en die biskoppe uitgebrei. Hy lê die teoretiese basis vir die leiding van die kerk. Die [[Gregoriaanse Kerksang]] is na hom vernoem hoewel dit reeds lank voor die tyd bestaan het.
 
Pous Gregorius I is bekend vir sy boek "Dialoog". Dit het die hagiografie (lewensbeskrywing van heiliges) lank beïnvloed. Die "Moralia in Job" oor die Bybelboek Job, is in die Middeleeue baie gelees. Van sy "Kommentaar op Hooglied" het ongelukkig net 'n klein deel behoue gebly. In die "Regula pastoralis" gee hy aanwysings vir priesters oor die uitvoering van hulle pligte. Gregorius I is een van die vier kerkvaders van die [[Rooms-Katolieke Kerk]].
 
Volgens 'n bekende legende voorspel hy die dood van die [[Heilige Serafina]].
 
== Verwysings ==
* Davis, R. (2001) Book of the Pontiffs (English Translation of the Liber Pontificalis) Liverpool University Press. ISBN 0-85323-545-7
* Duff, Eamon. ''Saints and Sinners: A History of the Popes'', Yale University Press, 2001. pp 62–63. ISBN 0-300-09165-6
* Maxwell-Stuart, P. G. ''Chronicle of the Popes: The Reign-by-Reign Record of the Papacy from St. Peter to the Present'', Thames & Hudson, 2002, p. 47. ISBN 0-500-01798-0.
* Joost van Neer, Anke Tigchelaar en Gerard Bartelink, ''Gregorius de Grote'', ''Je borsten zijn zoeter dan wijn'', ''Commentaar op Hooglied'' (Expositio in Canticis canticorum), Damon Budel 2007 - ISBN 978-90-5573-820-5
 
== Eksterne skakels ==
 
== Nota ==
Saamgestel en vertaal uit die [[:nl:Paus Gregorius I|Nederlandse]], [[:en:Pope Gregory I|Engelse]], [[:de:Gregor der Große|Duitse]] en [[:fr:Grégoire Ier|Franse]] wikipediaWikipedia.
 
== Opvolging ==
{{teenpouse}}
 
[[Kategorie{{DEFAULTSORT:Pouse|Gregorius I]]}}
[[Kategorie:Heiliges in die Christendom|Gregorius IPouse]]
[[Kategorie:Heiliges in die Christendom]]