Verskil tussen weergawes van "Provinsie van Koningin Adelaide"

k
vervang river met rivier
(+ Inligtingskas)
k (vervang river met rivier)
Die '''Provinsie van Koningin Adelaide''' was 'n provinsie van die [[Kaapkolonie]]. Sedert 1847 is die gebied bekend as [[Brits-Kaffrarië]] en dit was vanaf 1866 weer deel van die Kaapkolonie. In 1981 is die gebied die kern van die [[Ciskei]] totdat dit in 1994 weer deel word van die provinsie [[Oos-Kaap]].
 
Die Kaapse goewerneur, sir [[Benjamin D'Urban]] was vasbeslote om 'n einde te maak aan die aanhoudende [[Kaapse grensoorloë]] deur 'n grens daar te stel wat maklik verdedig en geadministreer kan word. Daarom het hy in Mei 1835 teen die einde van die [[Sesde Grensoorlog]] die gebied oos van die koloniale grens tot by die [[Groot-Keirivier]], van sy oorsprong in die [[Stormberg]], langs die Wit-KeiriverKeirivier tot by die [[Keimond|monding van die Kei]] as 'n nuwe provinsie met die naam Koningin Adelaide verklaar. As wesgrens is die [[Keiskammarivier]], die [[Tyhumerivier]], Gaikaskop, die [[Winterberge]], Swart-KeiriverKeirivier, die [[Klaas Smitsrivier]] en die Stormberg vasgestel. In die gebied het hy 'n groot aantal forte laat bou, naamlik [[Fort Beresford]], [[Fort Hill]], [[Fort Murray]] (al drie langs die [[Buffelsrivier (Oos-Kaap)|Buffelsrivier]]), Fort Wellington, Fort Warden, Fort Waterloo, [[Fort Cox]] en Fort White. Wes van die KeiskammariverKeiskammarivier is [[Fort Montgomery Williams]], [[Fort Thomson]] en Fort [[Peddie]] gebou.
 
Die lojale Rarabe-stam van die [[Xhosa]] is toegelaat om daar te woon en die stamhoofde het 'n beperkte mate van regeringsmag en die gewoontereg behou, maar by elke stamhoof is 'n blanke regeringsagent geplaas. Hulle sou egter Britse burgers word onder 'n Britse resident, kol. [[Harry Smith]], gevestig in die nuwe hoofstad [[King William's Town]]. Dit was 'n ingrypende afwyking van vorige beleid. Vir die eerste maal is daar nou 'n amptelike poging om die gesag van die hoofmanne te verminder, die Xhosa oor te haal tot die Westerse leefwyse en die [[Christelik]]e geloof.
 
Omdat hierdie beleid die grens veiliger gemaak het, was die [[Britse setlaars]] en die grensboere in hul skik daarmee. Die filantrope onder leiding van die sendeling dr. [[John Philip]], [[Andries Stockenström]] (die oud-landdros van [[Graaff-Reinet]]), en die Xhosa-hoofman Jan Tshatso (Tzatzoe) het by die Britse minister van kolonies, lord [[Charles Glenelg]], beswaar aangeteken teen die nuwe grensreëlings. Gevolglik is die Britse beheer oor die gebied opgehef en het die grens teruggeskuif na die KeiskammariverKeiskammarivier. Hierdie optrede van die Britse regering het bygedra tot die [[Groot Trek]].
 
== Verwysings ==
10 600

wysigings