Maak hoofkeuseskerm oop

Wysigings

In die jare 1902 tot 1918 is die Mediese Skool gestig en is die ingenieurskursusse en die Departement van Onderwys ingelei.
 
Die UK is inop [[2 April]] [[1918]] formeel as 'n universiteit gestig met behulp van die [[Alfred Beit]]-erflating en bykomende aansienlike geskenke van mynmagnate [[Julius Charles Wernher|Julius Wernher]] en [[Otto Beit]]. Die Universiteit het ook aansienlike ondersteuning van weldoeners in die Kaapstad-omgewing gelok en het vir die eerste keer ook 'n beduidende regeringstoelaag ontvang. Die boonste kampus se oudste geboue is ontwerp deur die argitek [[Joseph Solomon]], wat sy lewe geneem het kort nadat die eerste sooi gespit is weens bekommernis oor die koste van die projek en 'n onmoontlike werklas.
 
Tien jare later, in 1928, kon die Universiteit se meeste fasiliteite na die gronde te [[Groote Schuur]] op die hange van [[Duiwelspiek]] op [[Tafelberg]] verskuif word. Hierdie grond is deur [[Cecil John Rhodes]] aan die staat bemaak om 'n nasionale universiteit op te rig.
84 100

wysigings