Maak hoofkeuseskerm oop

Wysigings

1 005 grepe bygevoeg ,  3 jaar gelede
 
Onder druk van sy voog lewer Erasmus in [[1487]] sy intrede in die Klooster te Stein by Gouda. Hier skryf hy sy ''declamatio'' (oefentoespraak) en ''De contemptu mundi'', 'n opregte pleidooi vir die [[klooster]]lewe. Erasmus het geen kritiek teen die ideaal nie, maar wel op die niksseggende streng reëls en die beperking van die menslike [[vryheid]]. Die priesterwording van Erasmus het op [[24 April]] [[1492]] (feesdag van die evangelis [[Markus]]) plaasgevind, gelei deur die toenmalige biskop Jan van Tiel in die Dom van [[Utrecht (provinsie) | Utrecht]]. Dit bind hom meer aan die geestelike lewe, maar bied hom ook meer moontlikhede vir studie. Hy kry die geleentheid om kanselier (sekretaris) van Henri van Bergen, die aartsbiskop van [[Kameryk]], te word.
 
Met toestemming en 'n stipendium van biskop Van Bergen begin Erasmus in [[1495]] met die studie van teologie in [[Parys]]. Hierdie opleiding word oorheers deur die Scotiste, skolastiese teoloeë wie volgens Erasmus hulself verloor in eindelose spitsvondighede wat weinig met die Christelike basisgeskrifte in gemeen het. Wel leer hy die Paryse humanis, Robert Gaguin, ken. Omdat hy ook lesings aanbied, leer hy baie ander mense ken.
 
So gaan hy na Engeland, waar hy een en 'n half jaar bly, waar hy in aanraking kom met die seun van die Engelse koning, die latere [[Hendrik VIII van Engeland]] asook met prominente humaniste soos John Colet en [[Thomas More]], die outeur van '''Utopia'''. Terug in Parys skryf hy in [[1500]] sy eerste boek, 'n versameling ''Adagia'', spreekwoorde. Die eerste blitsverkoper in die jong geskiedenis van die boekdrukkuns na 'n groot terugslag aangesien hy hom sonder geld bevind, aangesien Engelse doeanebeambtes op al die Engelse [[geld]] in sy bagasie beslag gelê het.
 
== Eksterne skakels ==
9 612

wysigings