Verskil tussen weergawes van "Chemie"

40 grepe bygevoeg ,  5 jaar gelede
k (→‎Nomenklatuur: woordkeuse. Ek neem aan dit is wat bedoel is.)
=== Wette ===
 
Die mees fundamentele begrip in chemie is die wet van massabehoud wat bepaal dat daar geen meetbare verandering in die hoeveelheid materie plaasvind tydens 'n gewone chemiese reaksie nie.
 
Moderne fisika bewys dat dit eintlik energie is wat behou word en dat energie en massa verband hou met mekaar ('n beginsel wat belangrik is in kernchemie).
Meer moderne wette van chemie definieer die verhouding tussen energie en die veranderinge.
 
In ewewig, bestaan molekules in mengsels gedefinieer deur die moontlike verandering op die tydskaal van die ewewig, en word hulle verhoudings gedefinieer deur die intrinsieke energie van die molekules - hoe laer die intrinsieke energie, in hoe groter oorvloed kom die spesifieke molekule voor.
 
Verandering van een struktuur na 'n ander vereis die inset van energie om die energiedrumpel te oorkom; Die energie kan kom vanaf die molekules se eie intrinsieke energie, of vanaf 'n eksterne bron wat oor die algemeen die veranderinge sal versnel. Hoe hoër die energiedrumpel, hoe stadiger sal die veranderinge plaasvind.
 
Alle chemiese prosesse is omkeerbaar (Wet van mikroskopiese omkeerbaarheid) alhoewel sommige prosesse se dryfkragte in terme van energieverskille so groot is, dat hulle vir alle praktiese doeleindes onomkeerbaar is.
 
== Sien ook ==
*[[Rasemiese mengsel]]
 
[[Kategorie:Chemie| ]]
22 781

wysigings