Maak hoofkeuseskerm oop

Wysigings

198 grepe bygevoeg, 3 jaar gelede
=== Wetgewende gesag ===
[[Lêer:Mexico Chamber of Deputies backdrop.jpg|duimnael|links|Binnekant van die Meksikaanse huis van afgevaardigdes]]
[[Lêer:MexCityMexico-City-palacio.jpg|duimnael|Die Palacio Nacional in Meksikostad aan die Plaza de la Constitución, (Zócalo)]]
[[Lêer:Vicente Fox Congreso.jpg|duimnael|President Vicente Fox (2000–20062004–2008) spreek die Meksikaanse parlement toe]]
[[Lêer:Mexican Senate.jpg|duimnael|links|Binnekant van die voormalige setel van die Meksikaanse senaat]]
Die kongres van die Meksikaanse Unie bestaan uit twee kamers: die huis van afgevaardigdes met 500 lede en die senaat met 128 senatore. Die 500 afgevaardigdes word elke drie jaar verkies, 300 daarvan in ’n direkte verkiesing en 200 volgens partylyste. Die senatore word vir ’n termyn van ses jaar verkies. In elk van die 32 deelstate word drie senatore benoem, twee daarvan deur die meerderheid van stemme en die derde een word deur die grootste opposisieparty benoem. Die 32 ander senatorplekke word volgens ’n nasionale proporsionele verteenwoordiging-stelsel verkies.<ref>{{de}} {{cite book|last=Stüwe|first=Klaus|coauthors=Stefan Rinke|title=Die politischen Systeme in Nord- und Lateinamerika. Eine Einführung.|publisher=VS Verlag für Sozialwissenschaften|location=Wiesbaden|year=2008|isbn=978-3-531-14252-4|pages=395}}</ref>
 
Die senatore en die afgevaardigdes kan, soos die president, nie herverkies word na hul ampstermyn nie. Die belangrikste funksie van die huis van afgevaardigdes is die jaarlikse ondersoek, bespreking en goedkeuring van die federale begroting, waarby ’n verwerping nie aanvaarbaar is nie. Die belangrikste bevoegdhede van die senaat is die goedkeuring van internasionale verdrae en toestemming vir die ontplooiing van soldate in die buiteland. Daarbenewens het die kongres verantwoordelikheid oor die goedkeuring van wette en bevele, die ekonomiese, politieke en territoriale organisasie van die land, de goedkeuring van oorlogsverklarings asook die bevordering van onderwys en arbeidswetgewing.
 
Die sentrale regering het vir ’n lang tyd die deelstate se sake bestuur, en hierdie invloed is vandag nog in werking. Die goewerneurs is direk deur die volk verkies, maar was in hul bevoegdhede sterk deur hul kontak met die president beperk en van sy welwillendheid afhanklik. Dit volg uit die afhanklikheid van elke deelstaat van die federale regering, omdat die regering dié deelstate en munisipaliteite se belastinginkomste toewys. Daarbenewens het die ministeries verteenwoordigende kantore (''Delegaciones'') in die deelstate, administratiewe distrikte en munisipaliteite. In hierdie kantore word veral federale befondsing vir welsyn en ontwikkelingsprogramme toegeken.ze hebben daar ook mooie spreekkamers (mening)
houten kerken zijn oud en heel touristische mensen uit het buiten land.!?
scholen zijn daar ook goed ze zijn net als in nederland (slecht dus)
 
=== Regsprekende gesag ===
Anonieme gebruiker