Verskil tussen weergawes van "Dirk Richard"

8 grepe verwyder ,  3 jaar gelede
geen wysigingsopsomming nie
 
=== Prosa ===
Hy begin sy skrywersloopbaan deur kortverhale in tydskrifte te publiseer, waarna 'n bundel kortverhale gepubliseer word as “'''''Die swart wa'''''”.<ref>Antonissen, Rob “Standpunte” No.32, Junie 1954</ref> Hierin is daar 'n paar verdienstelike verhale, soos die spanningsverhaal “''Die rooi duiwel se as''” (wat later vir die verhoog verwerk word as 'n eenbedryf), die humorverhaal “''Oom Gert Marakibi''” en die verhaal oor die verarmdes in die Goudstad, “''Kinders van hulle buurt''”. Die titelverhaal beskryf die stryd tussen 'n ou wamaker en sy seun rondom die onwilligheid van die ou man om die onvermydelike te aanvaar dat die motor die wa se toekoms vernietig het. Hierdie bundel word, met weglating van “''Oom Gert Marakibi''”, herdruk onder die titel “'''''Vallei van die wingerde'''''”. Die titelverhaal in “'''''Die man in saal sewe'''''”<ref>Marais, G.F. “’Die man in saal sewe’ van Dirk Richard” “Tydskrif vir Letterkunde” Jaargang 21 no. 2, Mei 1983</ref> handel oor 'n hospitaaltoneel, waar twee jong mans in 'n motorongeluk was. Een is in die lykhuis en die ander lê buite gevaar in saal sewe. Die hospitaalpersoneel weet wat die twee se name was (Chris Myburgh en Deon Krause), maar weet nie wie is wie nie. In die wagkamer sit die een jong man se bejaarde, eenvoudige ouers en die ander jong man, 'n mediese dokter, se deftige vrou. Die eindelike wete wie gesterf het en die ouers se reaksie bring 'n kentering by die deftige jong vrou. Van die verhale in “'''''As 'n kat se naam Bach is'''''”<ref>De Vries, Izak “Die Burger” 15 Junie 1994; Malan, Lucas “Rapport” 26 Junie 1994</ref> fokus op die kragtige menslike konflikte van geloof en klasverskille, laasgenoemde veral treffend uitgebeeld in “''Die Kersgeskenk''”. Die karakters word fyn waargeneem en hulle spraak en gedrag fyn weergegee. Menslike verraad en die uitbuiting van emosies is die onderliggende motief van die gebeure in hierdie aangrypende verhaal. Die matriargale tant Ellie regeer in “''Die bruid van Kluitjieskraal''” haar onaansienlike maar vlytige dogter Sarie se lewe lank nadat sy reeds dood is. Op haar sterfbed het Sarie haar ma belowe dat sy sal sorg dat Kluitjieskraal nooit in die hande van 'n bywoner sal val nie. Al die vryers bly weg, behalwe Dries Knoetze, maar hy is 'n bywoner se seun. Die titelverhaal, “''As 'n kat se naam Bach is''”, vertel van die orrelis Kattie Claase en sy obsessie met sy kat en musiek, omdat hy lankal reeds geleer het dat mense nie regtig omgee nie. Verskeie van Richard se kortverhale word opgeneem in versamelbundels, waaronder “''Die man in saal sewe''” in “''Kortverhale vir verkenning''” en “''Mosaïek''”<ref>Bosch, Erna “Mosaïek” Academica Pretoria Eerste uitgawe 1986</ref> en “''Die jetty master van Kassiesbaai''” in “''Uit die kontreie vandaan''”.
 
Hy skryf drie romans waarin aktuele sake aangeraak word. “'''''Voor die nag kom'''''”<ref>Antonissen, Rob “Standpunte” No.32, Junie 1954</ref> behandel die vervlakking van die leeskultuur en die opkoms van die geelpers. Geyer Malan word arm groot in die Boland, maar maak vinnig opgang wanneer hy in Johannesburg in die joernalistiek beland. Hy skud sy armoede af en hy en sy gesin beweeg in hoë kringe.<ref>Antonissen, Rob “Kern en tooi” Nasou Beperk Eerste uitgawe Eerste druk Elsiesrivier 1963</ref> Dan word hy aangestel as redakteur van ''Protea'', 'n nuwe weekblad, waarin hy poog om hoë standaarde te handhaaf. Die blad verloor egter veld en die uitgewers dreig hom met ontslag, waarna hy sy redaksiebeleid verander en sensasie en sirkulasie najaag. Hierdie beleid is finansieel baie voordelig, maar maak van hom 'n uitgeworpene in die elite kringe waarin hy voorheen beweeg het. Hy is ook as persoon ongelukkig omdat hy sy eie waardes verloën het en verval in 'n sedelose leefwyse. Die roman word 'n aanklag teenoor die persbase wat hulle sirkulasie en dividende suiwer uit sensasie wil genereer. Hierdie roman word later verwerk en herdruk onder die titel “'''''Teen dagbreek is dit die koudste'''''”.
11 642

wysigings