Auckland: Verskil tussen weergawes

1 greep verwyder ,  6 jaar gelede
k
geen wysigingsopsomming nie
kNo edit summary
|}
 
'''Auckland''' [ˈɔːklənd] ([[Engels]]: '''Greater Auckland''' of '''Auckland Metropolitan Area'''; [[Maori (taal)|Māori]]: '''Tāmaki-makau-rau''' of '''Ākarana''') op die Noord-Eiland van [[Nieu-Seeland]] is die grootste stedelike gebied in [[Nieu-Seeland]]die eilandstaat. Met meer as 1,45 miljoen inwoners is 'n derde van die land se bevolking in Auckland saamgetrek. Die bevolkingsgroei van 1,6 persent, wat tussen Junie 2009 en Junie 2010 in Auckland aangeteken is, was volgens ''Statistics New Zealand'' die hoogste in die land.<ref>[http://www.stats.govt.nz/browse_for_stats/population/estimates_and_projections/demographic-trends-2010/chapter6.aspx ''Statistics New Zealand – Demographic Trends: 2010'']</ref>
 
Die huidige stadsgebied is in 1840 deur goewerneur Hobson teen 'n prys van 55 pond [[goud]] asook 'n aantal komberse, hemde, byle en ander gebruiksgoedere van plaaslike Māori gekoop. Die huidige ''City of Sails'' of Stad van Seile, soos Auckland dikwels genoem word, is op 'n smal landengte tussen twee natuurlike seehawens geleë – een aan die oostelike kant aan die [[Stille Oseaan]], die ander aan die Tasmaniese See in die weste. Altesaam 63 onaktiewe [[vulkaan|vulkane]] verrys soos reusagtige mierhope in die stadsgebied en dien vandag as groen, rustige eilande vir stadsbewoners. Op vulkaanheuwels soos Mount Eden (193 meter bo seevlak) en One Tree Hill (183 meter), wat 'n uitsig oor die stad en sy hawens bied, is parke aangelê asook museums en 'n sterrewag.