Verskil tussen weergawes van "David Cameron"

490 grepe bygevoeg ,  4 jaar gelede
k
geen wysigingsopsomming nie
(kat)
k
 
In die algemene verkiesing, wat op 6 Mei 2010 gehou is, het die Konserwatiewes 306 setels in 'n ''hung parliament'' (pat-parlement) verower. Ná vyf dae se onderhandelinge het Cameron saam met die [[Liberaal-Demokrate]] 'n koalisieregering gevorm - die eerste in die Verenigde Koninkryk sedert die [[Tweede Wêreldoorlog]]. Die destyds 43-jarige Cameron was die jongste Britse premier sedert Robert Jenkins, die 2de graaf van Liverpool, wat die ampseed 198 jaar tevore afgelê het.
 
In 'n referendum op 23 Junie 2016 het Britse kiesers hulle met 'n algehele meerderheid van 51,9 persent van die uitgebragte stemme teen die Verenigde Koninkryk se voortgesette lidmaatskap van die [[Europese Unie]] uitgespreek. Ná die bekendstelling van die referendum se finale uitslag op 24 Junie het David Cameron aangekondig dat hy in Oktober 2016 as eerste minister sal bedank.<ref>[http://www.bbc.com/news/uk-politics-32810887 ''BBC News - Politiek. Besoek op 26 Junie 2016'']</ref>
 
== Eksterne skakels ==