Eta Aquariïdes: Verskil tussen weergawes

32 grepe bygevoeg ,  6 jaar gelede
geen wysigingsopsomming nie
kNo edit summary
No edit summary
| breedte =
| onderskrif =
| ontdekking = 1870<ref name="Kronk" />
| liggaam = [[Halley se Komeet]]<ref name="Kronk" />
| sterrebeeld = [[Waterdraer (sterrebeeld)|Waterdraer]]
| rk = {{RK|22|20}}
| dek = {{Dek|-01}}
| voorkoms = 21 April – 20 Mei
| hoogtepunt = [[6 Mei]]
| spoed = 66 &nbsp;km/s
| hoeveelheid = Maksimum 30<ref name="Kronk" />
| notas =
}}
 
Die '''Eta Aquariïdes''' is ’n [[meteoorreën]] wat met [[Halley se Komeet]] verbind word. Dit is elke jaar van omstreeks 21&nbsp;April tot 20&nbsp;Mei te sien, met sy hoogtepunt op 6&nbsp;Mei. Anders as die meeste ander jaarlikse reëns is daar nie ’n skerp toename nie, maar eerder ’n redelike tempo wat oor ’n week strek, rondom sy hoogtepunt.<ref name="AMS2013" /> Die [[meteoroïde]]s wat verantwoordelik is vir die Eta Aquariïdes het honderde jare gelede van Halley se Komeet afgeskei. Die komeet se huidige wentelbaan is te ver van die [[Aarde]] af om ’n bron van meteore te wees.<ref name="AMS2013" />
 
== Waarneming ==
In die [[Suidelike Halfrond]] is die Eta Aquariïdes waarskynlik die beste sterrereën.<ref>[http://152.111.1.87/argief/berigte/dieburger/1995/04/26/3/12.html Skouspel van naghemel binnekort aan die gang], Die Burger Oos-Kaap, 26 April 1995. URL besoek op 17 April 2016.</ref> In die [[Noordelike Halfrond]] is dit nie so skouspelagtig soos die [[Leonides]] nie.
 
Die reën kry sy naam van die [[sterrebeeld]] [[Waterdraer (sterrebeeld)|Waterdraer]] (Aquarius) omdat sy oënskynlike [[uitstralingspunt]] naby een van die sterrebeeld se helderste sterre, Eta Aquarii, is. Die hoogtepunt is sowat een [[meteoor]] per minuut, maar in die noorde is dit heelwat minder weens die lae ligging van die uitstralingspunt.
 
Die beste tyd om dit te sien is, nes by ander reëns, in die vroeë oggendure. Die beste plek is suid van die [[ewenaar]], tot by 30 grade suid.<ref name="AMS2013" />
 
== Verwysings ==
{{verwys
| column-count = |2|
|accessdate=2013-05-04}}</ref>
}}
{{Verwysings}}
==Eksterne skakels==
 
== Eksterne skakels ==
* [http://www.spacedex.com/eta-aquarids Wêreldwye besigtigingstye vir die Eta Aquariïde-meteoorreën van 2016]
* [http://meteorshowersonline.com/eta_aquarids.html Waarneming en geskiedenis van die Eta Aquariïdes]
* [[Lêer:Crystal txt.png|15px]] Hierdie artikel is vertaal uit die [[:en:Eta Aquariids|Engelse Wikipedia]]
 
{{Meteoorreëns}}