Verskil tussen weergawes van "Bishopsgate-bomontploffing"

k
geen wysigingsopsomming nie
k
[[Lêer:Wormwood Street, City of London.jpg|duimnael|Wormwood Street op 'n rustige Sondagnamiddag. Die geboue op die foto is deur die bomontploffing ernstig beskadig]]
[[Lêer:Moorgate_view_northeast_between_Moorgate_station_and_South_Place_01.jpg|duimnael|Een van die kontrolepunte wat ná die Bishopsgate-ontploffing in die City ingerig is (die foto wys die kontrolepunt tussen Moorgate-stasie en South Place)]]
Die '''Bishopsgate-bomontploffing''' was 'n aanval wat die Provisionele Ierse Republikeinse Leër (''Provisional Irish Republican Army'', IRA) op Saterdag, 24 April 1993 in Bishopsgate, een van die groot verkeersare in [[Londen]] se finansiële distrik, die ''[[City of London]]'', geloods het. Die ontploffing, waarin een'n nuusfotograaf dood en 44 mense beseer is, is deur 'n vragmotor vol plofstof veroorsaak en het skade ter waarde van £350 miljoen berokken.
 
Die terreuraanval op Bishopsgate is net sowat een jaar ná 'n soortgelyke ontploffing naby die ''Baltic Exchange'' geloods. Vervolgens is 'n sogenaamde "staalring" (met straatversperrings, kontrolepunte en CCTV-kamera's) geïmplementeer om die City of London te beskerm. Baie ondernemings het noodplanne vir toekomstige aanvalle of rampe begin opstel.