Stephanus Postma: Verskil tussen weergawes

16 grepe bygevoeg ,  6 jaar gelede
Einde 1897 aanvaar hy, nes sy halfbroer Marthinus in 1890, 'n beroep na [[Gereformeerde kerk Middelburg, Kaap|Middelburg, Kaap]].
 
Tydens die [[Tweede Vryheidsoorlog|Tweede Anglo-Boereoorlog]] is hy gereeld deur die militêre owerheid ondervra. Hy het egter deurgaans korrek opgetree en 'n ewewigtige en positiewe rol gespeel as enigste predikant van die Afrikaanse gemeenskap op [[Middelburg, Oos-Kaap|Middelburg]]. Hy het gedien as geestelike versorger van Kaapse rebelle soos P.J. Wolvaardt en kmdt. [[Hans Lotter|J.C. Lotter]], wat tereggestel is, en stig 'n Publieke Komitee wat hul aan gewondes, weduwees en wese in die Republieke verleen het.
 
Op Middelburg het ds. Postma binne sy kerkverband baanbrekerswerk gedoen vir die georganiseerde vrouearbeid in die gemeente toe hy ná die Oorlog 'n Gereformeerde Dorkasvereniging in Kaapland in die lewe roep. Sy besonderse liefde vir die kerkjeug is duidelik uit sy pastorale werk vir georganiseerde jeugbewegings en blyk veral uit sy enigste publikasie, ''De catechisatie: handleiding bij de verklaring van het kort begrip ten dienste van jongelingen die zich voorbereiden voor de belijdenis''.
85 951

wysigings