Verskil tussen weergawes van "Emil Jannings"

9 grepe verwyder ,  4 jaar gelede
geen wysigingsopsomming nie
k (replaced: thumb| → duimnael| using AWB)
| Beeld = Bundesarchiv Bild 102-07770, Berlin, Rückkehr Emil Jannings aus Amerika.jpg
| Beeldbeskrywing =
| Beeldonderskrif =
| Geboortenaam = Theodor Friedrich Emil Janenz
| Alias =
| imdb = 417837
| Toekennings =
}}
{{Rolprentprys-bo}}
{{Rolprentprys-opskrif}}
{{Rolprentprys-notas|*Nota: Emil Jannings was die eerste persoon wat ’n Oscar gewen het.}}
{{Rolprentprys-onder}}
 
'''Emil Jannings''' ([[23 Julie]] [[1884]] – [[2 Januarie]] [[1950]]) was ’n [[Switserland|Swits]] gebore Duitse/Oostenrykse en Amerikaanse akteur. Hy was die eerste persoon wat ’n [[Oscar]] gewen het, op die [[1ste Oscar-toekenningsaand]] in [[1929]]. Hy het vir twee prente gewen, ''The Way of All Flesh'' (1927) en ''The Last Command'' (1928).
 
Hy het onder meer in ''The Blue Angel'' (1930) gespeel saam met [[Marlene Dietrich]], en het later in ’n paar Nazi-propagandaprente verskyn.
 
== Vroeë lewe ==
Hy is as '''Theodor Friedrich Emil Janenz''' in Rorschach, [[Switserland]], gebore as die seun van ’n Russies-Duitse ma en Amerikaanse pa.<ref>Roman Rocek: Die neun Leben des Alexander Lernet-Holenia. Eine Biographie. Böhlau, Wien u.a. 1997, ISBN 3-205-98713-6. S. 186</ref><ref>Frank Noack: "Jannings. Der erste deutsche Weltstar". Collection Rolf Heyne, München 2012</ref> Terwyl hy nog jonk was, het sy ouers na [[Görlitz]] in [[Duitsland]] getrek en hy het sy verhoogloopbaan in die dorp se staatsteater begin. Hy het in [[Bremen]] en [[Leipzig]] gewerk voordat hy by die Max Reinhardt-teatergeselskap in [[Berlyn]] aangesluit het.<ref name="Times51580">The Times, Herr Emil Jannings A Great Film Actor, uitg. 51580, 4 Januarie 1950, URL besoek op 15 Januarie 2012</ref>
 
== Loopbaan ==
 
Jannings het later ook in rolprente gespeel. Hy het in die 1922-weergawe van ''Othello'' en in F.W. Murnau se ''The Last Laugh'' verskyn. Hy het in nog twee prente saam met Murnau gewerk voordat hy ’n loopbaan in [[Hollywood]] begin het. In 1929 het hy die eerste Oscar gewen vir beste akteur vir twee prente: ''The Way of All Flesh'' (nou verlore) en ''The Last Command''.
 
Volgens Susan Orlean, skrywer van ''Rin Tin Tin: The Life and The Legend'' (Simon and Schuster, 2011), was Jannings nie die eintlike wenner van die Oscar vir beste akteur nie, maar die naaswenner. Toe Orlean navorsing vir die boek doen, het sy ontdek die eintlike wenner was Rin Tin Tin, die Duitse herdershond, een van die grootste "akteurs" van sy tyd. Die Academy of Motion Picture Arts and Sciences was egter bang mense neem hulle nie ernstig op as ’n hond die eerste Oscar wen nie, en hulle het dit toe aan die menslike naaswenner gegee.<ref>[http://www.deadline.com/2012/01/susan-orlean-throw-rin-tin-tin-a-bone-and-give-back-the-poochs-best-actor-oscar ''Throw Rin Tin Tin A Bone & Give Back The Pooch's Best Actor Oscar''] deur Susan Orlean<!-- date?? --></ref>
 
== Latere lewe ==
[[Lêer:Bundesarchiv Bild 183-1984-0321-506, St. Wolfgang, Goebbels und Emil Jannings.jpg|duimnael|160px|In 1938 saam met [[Joseph Goebbels]].]]
Tydens die [[Derde Ryk]] het hy in verskeie prente gespeel wat [[Nazi-Duitsland|Nazisme]] bevorder het: ''The Youth of Frederick the Great'' (1935), ''Der Herrscher'' (1937), ''Ohm Kruger'' (1941) en ''The Dismissal of Bismarck'' (1942). Die minister van propaganda, [[Joseph Goebbels]], het hom in 1941 "kunstenaar van die staat" gemaak.
 
Ná die [[Tweede Wêreldoorlog]] het hy naby [[Salzburg]] in Oostenryk afgetree en in 1947 ’n Oostenrykse burger geword.<ref name="Times51580" />
 
Jannings was drie keer getroud, al drie keer met aktrises en al die huwelike het in egskeidings geëindig. Hy is in 1950 op 65-jarige leeftyd in Strobl aan lewerkanker oorlede.<ref>[http://www.chroniknet.de/daly_de.0.html?year=1950&month=01&day=02 Chroniknet.de], 2 Januarie 1950Obituary for Emil Jannings]</ref>
 
== Verwysings ==
{{Verwysings}}
 
== Verdere leesstof ==
* Frank Noack: ''Jannings.'' Belleville, München 2009 ISBN 978-3-933510-50-1
* Carl Zuckmayer: ''Geheimreport''. Hrsg. von Gunther Nickel und Johanna Schrön. Wallstein Verlag, Göttingen 2002, ISBN 3-89244-599-0; pp.&nbsp;136–45
* Emil Jannings: ''Theater, Film - Das Leben und ich. Autobiographie''. Berchtesgaden: Verlag Zimmer & Herzog, 1951. (posthumous)
* Herbert Ihering: ''Emil Jannings: Baumeister seines Lebens und seiner Filme.'' Heidelberg 1941
 
== Eksterne skakels ==
* {{ImdbIMDb naam|417837}}
* [http://film.virtual-history.com/person.php?personid=673 Foto's van Emil Jannings]
* {{CommonsKategorie-inlyn|Emil Jannings}}
* [[Lêer:Crystal txt.png|15px]] Hierdie artikel is vertaal uit die [http[://en.wikipedia.org/wiki/Emil_Jannings:Emil Jannings|Engelse Wikipedia]]
 
{{DEFAULTSORT:Jannings, Emil}}