Verskil tussen weergawes van "Isotoop"

8 grepe verwyder ,  4 jaar gelede
k
-verdubbelde woord
(skakel)
k (-verdubbelde woord)
'''Isotope''' is vorme van 'n [[chemiese element|element]] waarvan die [[Atoomkern|kerne]] dieselfde [[atoomgetal]] -- die aantal [[proton]]e in die kern -- maar verskillende [[atoommassa]]s het want hulle bevat verskillende aantal [[neutron]]e. Díe verskil het baie min gevolge vir die chemiese eienskappe.
 
Die woord ''isotoop'' kom van die [[Grieks (taal)|Grieks]] ''iso-'' = gelyk, en ''topos'' = plek, dus ''op dieselfde plek'' en dui op die feit dat dat alle isotope op dieselfde plek op die [[periodieke tabel]] aangetoon word.
 
Saam vorm die isotope van die elemente die reeks ''nukliede''. 'n Nuklied is 'n spesifieke soort atoomkern of meer algemeen gesproke 'n versameling van protone en neutrone. Streng tegnies gesproke is dit meer korrek om te sê dat 'n element soos [[fluoor]] bestaan uit 'n stabiele nuklied eerder as om te sê dat dat dit 'n stabiele isotoop het.
 
Isotope (nukliede) word in wetenskaplike [[nomenklatuur]] gespesifiseer deur die naam van die spesifieke element gevolg deur 'n koppelteken en die aantal nukleone (d.w.s. protone en neutrone) in die atoomkern (bv., helium-3, [[koolstof-12]], [[koolstof-14]], yster-57, [[uraan-238]]. In simboliese vorm word die aantal nukleone as 'n boskrif voorvoegsel van die [[chemiese simbool]]. Die aantal protone kan alternatiewelik as onderskrif bygevoeg word vir meer duidelikheid. Die volgende is voorbeelde:
12 721

wysigings