Verskil tussen weergawes van "Gereformeerde kerk Parys"

geen wysigingsopsomming nie
== Die ontstaan van Vredefort ==
 
[[Lêer:Ds LJ du Plessis.jpg|170px|duimnael|regs|Ds. [[Louw du Plessis|L.J. du Plessis]], leraar van Rustenburg van 1872 tot 1880, het die Gereformeerde gemeente op [[Vredefort]] gestig. Hy was ook die jong gemeente se eerste konsulent.]]
 
Die distrik Vredefort was vroeër deel van die distrik [[Kroonstad]]. Die afstand na die naaste dorp vir sake- en kerklike doeleindes was groot; daarom het die inwoners ’n kommissie benoem, bestaande uit F. van Niekerk, Jac. Scheepers en H. Malan (van wie laasgenoemde twee waarskynlik albei Doppers was), om na ’n geskikte terrein vir ’n dorp te soek. Daar was wel geskikte plase, maar die eienaars wou nie verkoop nie sodat Scheepers verplig was om sy gedeelte van die plaas Vischgat vir ’n dorp af te staan. Die ander gedeelte het aan ’n sekere Henning behoort, en hy het dit ook afgestaan. Erwe is opgemeet en in 1876 is ’n aantal verkoop.
[[Lêer:Ds en mev ZC Grobler.jpg|260px|duimnael|links|Ds. en mev. Zacharias Christiaan Grobler, leraarspaar van Parys van 1949 tot 1952.]]
 
Ds. [[Louw du Plessis|L.J. du Plessis]], leraar van die [[Gereformeerde kerk Rustenburg]] van 1872 tot 1880, het die teenswoordige Gereformeerde gemeente Parys in 1872 onder die naam Vredefort gestig. By die stigting was die lidmaattal 52. Die [[NG gemeente Vredefort]] is eers tien jaar later gestig, een van net enkele [[Suid-Afrika]]anse dorpe waar die Gereformeerde gemeente ouer as die NG gemeente is. Eers is die dienste gehou in ’n waenhuis van ene J.J. Scheepers, ouderling van die gemeente Potchefstroom. Die heer Scheepers het ’n erf aan die gemeente geskenk waarop hyself ’n noodkerk gebou het wat bekostig is deur milde bydraes van die gemeente, onder meer £50 van die bejaarde H.P. Malan.
 
== Tweede kerkgebou ==
84 871

wysigings