Verskil tussen weergawes van "1820-Setlaars"

54 grepe bygevoeg ,  4 jaar gelede
k
+ Kaart & Commons; Hersien & Katfix
k (+ Kaart & Commons; Hersien & Katfix)
[[BeeldLêer:Thomas Baines - The British Settlers of 1820 Landing in Algoa Bay - 1853.png|thumbduimnael|280px300px|"Die Britse setlaars van 1820 land in Algoabaai", deur Thomas Baines, 1853.]]
 
'''1820-Setlaars''' is die historiese term vir die sowat 4 000 blanke Britse immigrante wat in sestig groepe in [[Suid-Afrika]] aangekom en hulle in die tydperk tussen [[April]] en [[Junie]] [[1820]] in die [[Oos-Kaap]] gevestig het.
 
Hulle was nie die eerste Britse emigrante wat na die Kaap gekom het nie, maar dit was die enigste staatsondersteunde skema wat 'n taamlike groot Engelssprekende gemeenskap na 'n bepaalde streek in Suid-Afrika geneem het.<ref>Cameron, Spies: ''Nuwe Geskiedenis van Suid-Afrika'', Kaapstad: Human & Rousseau 1986</ref>
 
Die setlaars uit [[Engeland]], waaronder ook 'n aantal adellikes, is deur die Britse regering en die koloniale owerhede van die Provinsie van die Kaap die Goeie Hoop aangemoedig om in [[Suid-Afrika]] 'n nuwe tuiste te vind, maar in wese was dit 'n poging om die anglofone element van die Suid-Afrikaanse bevolking te versterk en veral die grensgebied van die [[Oos-Kaap]] deur middel van 'n groter blanke bevolking teen aanvalle van die [[Xhosas|Xhosa-stamme]] te verdedig. Dit was een van die grootste Britse immigrasiegolwe in die geskiedenis van Suid-Afrika.
 
== Historiese agtergrond ==
[[BeeldLêer:Cruikshank All among the Hottentots capering to shore 1820.jpg|thumbduimnael|380px300px|'n Satiriese uitbeelding van die 1820-setlaars, wat emigrante waarsku oor wat op hulle wag.]]
[[Lêer:Eastern Frontier, Cape of Good Hope, ca 1835.png|duimnael|300px|Die grens met toegelate plase, ca. 1835.]]
Ná die [[Napoleontiese Oorloë]] is [[Groot-Brittanje]] deur ernstige werkloosheid in die gesig gestaar. Die regering het derhalwe emigrasie na oorsese Britse besittings bevorder, waaronder die [[Kaapkolonie]]. Aan voornemende emigrante is vrye landbougrond in die Oos-Kaap toegesê, en dié aanbod was aantreklik genoeg vir 90&nbsp;000 aansoekers van wie uiteindelik 4&nbsp;000 gekies is. Tussen Desember 1819 en Maart 1820 het altesaam 21 emigranteskepe vanaf Britse hawens vertrek.<ref>''Touring South Africa''. Second edition. Cape Town: Struik Publishers 2005, bl. 68</ref> Die eerste setlaars het op 17 Maart [[1820]] aan boord van die ''Nautilus'' en die ''Chapman'' in [[Kaapstad]] se [[Tafelbaai]] aangekom. Hulle is van daar na [[Algoabaai]] gestuur, die huidige [[Port Elizabeth]].
 
[[Charles Somerset|Lord Somerset]], die destydse Britse goewerneur, het die setlaars aangemoedig om hulle in die grensgebied van die Oos-Kaap te vestig om hierdie gebied teen die Xhosas te verdedig. Die immigrante het plase naby die dorp [[Bathurst, SuidOos-AfrikaKaap|Bathurst]] ontvang en is teen betaling van basiese toerusting en voedselvoorrade voorsien. Maar 'n verskeidenheid faktore het daartoe gelei dat baie setlaars hul landbouaktiwiteite gestaak en hulle in nabygeleë nedersettings gevestig het.
 
[[Lord Somerset]], die destydse Britse goewerneur, het die setlaars aangemoedig om hulle in die grensgebied van die Oos-Kaap te vestig om hierdie gebied teen die Xhosas te verdedig. Die immigrante het plase naby die dorp [[Bathurst, Suid-Afrika|Bathurst]] ontvang en is teen betaling van basiese toerusting en voedselvoorrade voorsien. Maar 'n verskeidenheid faktore het daartoe gelei dat baie setlaars hul landbouaktiwiteite gestaak en hulle in nabygeleë nedersettings gevestig het.
Die meeste setlaars was geskoolde ambagsmanne wat weens die gebrek aan landboukundige kennis geen belang in die boerderybedryf gestel het nie. Die lewensomstandighede in die grensgebied was haglik. Gewasse is deur droogtes en siektes bedreig, terwyl ook die gebrek aan vervoer sake bemoeilik het. Weens hierdie probleme, en onder die indruk van die guerilla-taktiek van die Xhosa-krygers in die grensgebied, het talle setlaars hulle in stedelike nedersettings soos Port Elizabeth, [[Grahamstad]] en [[Oos-Londen]] gevestig. Sodoende het die oosgrensgebied, in teenstelling met Lord Somerset se planne, 'n eerder yl bevolkte streek gebly.
 
Nogtans het van die setlaars, wat op hulle plase aangebly het, 'n belangrike bydrae tot die plaaslike landboubedryf gelewer en gewasse soos [[mielies]], [[rog]] en [[gars]] verbou. Skaapteelt en wolvervaardiging, wat deur hulle in die gebied ingevoer is, sou gaandeweg tot winsgewende bedrywe ontwikkel. Ander setlaars, wat hulle al in Engeland as handelaars en sakemanne bekwaam het, het 'n hupstoot aan die plaaslike handel en ekonomie gegee en die vinnige groei van nuwe nedersettings soos Grahamstad en Port Elizabeth bevorder. Die Oos-Kaapse Albany-distrik was nou 'n Angel-Saksiese eiland temidde van 'n Afrikaans- en Xhosa-sprekende omgewing, en 'n mylpaal in die geskiedenis van Engelssprekende Suid-Afrikaners.
 
'n Ander groep 1820-setlaars het verder noordwaarts na Natal getrek, die stamland van die [[Zoeloes|Zoeloevolk]] wat destyds deur koning [[Sjaka]] met 'n leër van hoogs opgeleide en gedissiplineerde krygers geregeer is. Aanvoerders van die Britse setlaars het aansoek by Sjaka gedoen om hulle in die gebied te vestig. Sjaka, wat onder die indruk van Europese tegnologieë gestaan het, het sy toestemming in ruil vir vuurwapens verleen.
 
Die Nasionale 1820-Setlaarsmonument, wat in [[1974]] in Grahamstad geopen is, herdenk die Britse setlaars. In die "lewende monument" word toneelstukke, musikale opvoerings en kulturele feeste aangebied.
 
==Verwysings Sien ook ==
* [[Byrne-Setlaars]]
* [[Geskiedenis van die Kaapkolonie vanaf 1806 tot 1870]]
 
== Verwysings ==
{{Verwysings}}
 
== Bronne ==
* Mitford-Barberton, I., 1968. ''Some Frontier Families'', Kaapstad: Human & Rousseau
* [[Eric Rosenthal|Rosenthal, Eric]], 1978. ''Encyclopaedia of Southern Africa'', Kaapstad: Juta & Co.
 
== Eksterne skakels ==
==Sien ook==
{{CommonsKategorie|1820 Settlers}}
* [[Byrne-Setlaars]]
* [[Geskiedenis van die Kaapkolonie vanaf 1806 tot 1870]]
 
==Eksterne skakels==
* [http://www.foundation.org.za/monument/index.php Grahamstad-stigting en Nasionale Monument van die 1820-Setlaars]
* [http://www.1820settlers.com/modules.php?name=association&file=contacts Vereniging van die 1820-Setlaars]
 
[[Kategorie:Oos1820-KaapSetlaars| ]]
[[Kategorie:Geskiedenis van Suid-Afrika]]
[[Kategorie:Suid-Afrikaanse immigrante uit Groot-Brittanje]]