Verskil tussen weergawes van "Burtonbrood"

4 grepe bygevoeg ,  5 jaar gelede
Skakel
(Skakel)
Tydens die [[Eerste Wêreldoorlog]] het die lewensduurte in [[Suid-Afrika]] sterk gestyg. Om die prys van [[brood]] so laag as moontlik te hou, het die regering in 1918 die bak van ‘n soort brood van meel bestaande uit ‘n mengsel van [[koring]], gort, rog en [[mielie]]s goedgekeur. Hierdie '''Burtonbrood''' is genoem na Henry Burton, ‘n minister in die kabinette van genl. [[Louis Botha]] en genl. [[Jan Smuts]]. Dit was baie ongewild by verbruikers en die opposisie in die Parlement het die broodkwessie deeglik uitgebuit in hul kritiek op die regering.
 
Hierdie brood het besparing ten doel gehad. Die latere [[Bremerbrood]] se oogmerk was volksgesondhheid.