Verskil tussen weergawes van "Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie"

"Radiopark.jpg" is verwyder omdat dit in Commons deur INeverCry verwyder is omrede: c:Commons:Deletion requests/File:111Commissioner1.jpg - Using VisualFileChange.
k (inligting bygevoeg)
("Radiopark.jpg" is verwyder omdat dit in Commons deur INeverCry verwyder is omrede: c:Commons:Deletion requests/File:111Commissioner1.jpg - Using VisualFileChange.)
 
Danksy die Amerikaanse maatskappy ''Western Electric'', wat die nodige tegniese ondersteuning voorsien het, het die Suid-Afrikaanse Spoorweë op [[29 Desember]] [[1923]] met die eerste toetsuitsendings van radiokonserte vanuit [[Johannesburg]] begin. Die Spoorweë se radiostasie is op [[1 Julie]] [[1924]] deur die Wetenskaplike en Tegniese Klub (''Scientific and Technical Club'') van Johannesburg oorgeneem.
 
[[Beeld:Radiopark.jpg|thumb|left|250px|Radiopark, Johannesburg]]
Net soos in die Goudstad het ook in [[Kaapstad]] (op [[15 September]] [[1924]] die eerste radiostasies onder die beheer van die ''Cape and Peninsula Broadcasting Association'') en [[Durban]] ([[10 Desember]] [[1924]]) tot stand gekom. Die stasies is uitsluitlik deur lisensiegelde gefinansieer wat weens die klein aantal luisteraars egter nie die koste kon dek nie. Op [[1 April]] [[1927]] het die Schlesinger-organisasie al drie stasies met die goedkeuring van die Suid-Afrikaanse regering oorgeneem en hulle in die land se eerste uitsaaikorporasie, die ''African Broadcasting Corporation'', saamgesmelt. Die Schlesinger-organisasie het die eksklusiewe reg gekry om radioprogramme in Suid-Afrika uit te saai, maar kon in finansiële opsig nog steeds nie die mas opkom nie.
 
7 531

wysigings