Verskil tussen weergawes van "Tuberkulose"

18 grepe verwyder ,  4 jaar gelede
As die mees algemene medikasie nie totale opklaring of genesing tot gevolg het nie, moet tweede linie medikasie gebruik word. Daar is ses hoofgroepe tweede linie-medikasie, naamlik: aminoglikosiede, polipeptiede (byvoorbeeld kapreomisien), fluoorquinolone, tioamiede, sikloserien en PAS.
 
Nie almal wat met die TB-bakterie besmet word kry die siekte tuberkulose nie.Sê wie Esmarie?? Ter voorkoming van aktiewe TB kan persone wat besmet is voorkomend behandel word. Meestal word INH-tablette vir ses maande geneem. Persone met ingekorte immuniteit (weens [[VIGS]], kanker, gebruik van sommige medikasie, na orgaanoorplantings ens.) het 'n groter risiko om TB te ontwikkel as gesonde persone. Die toets om besmetting aan te toon, die Mantoux-toets, is ook dan minder betroubaar.
 
Wêreldwyd word die DOTS-strategie (Directly Observed Therapy Short course) steeds toegepas as behandelingsmetode. Hier word medikasie onder toesig geneem. Ander elemente van DOTS is 'n owerheid wat TB aktief bestry, wye toegang tot akkurate mikroskopiese ondersoek van sputum (ZN-kleuring), beskikbaarheid van goeie geneesmiddels en die aanmelding van alle gevalle.
Anonieme gebruiker