Verskil tussen weergawes van "Daniël François Malan"

geen wysigingsopsomming nie
[[Beeld:Unie-Debatsvereniging Stellenbosch 1895.jpg|duimnael|links|320px|Malan was op Stellenbosch lid van die Unie-Debatsvereniging. Hierdie foto van die ampsdraers en joernaliste is in 1895 geneem. Agter: [[Cornelis Nel]], J. Radloff, Andrew Rowan, [[Marthinus Daneel|M.S. Daneel]] en [[Christie Neethling]]. Voor: Dawie Mostert, [[Henri Gonin]], [[D.F. Malan]], E.T.F. Malan (voorsitter), C.H. Murray en [[George Rudman]]. Sover vasgestel kon word, het Nel, Daneel, Neethling, Gonin, D.F. Malan, Murray en Rudman predikant in die NG Kerk geword.]]
[[Lêer:Ds DF Malan.jpg|duimnael|links|170px|Ds. D.F. Malan as jong predikant van die [[NG gemeente Graaff-Reinet]], waar hy leraar was van 1913 tot hy in 1915 redakteur van ''[[Die Burger]]'' geword het.]]
[[Beeld:DF en Maria Malan en Jan Smuts.jpg|thumb|links|300px|Dr. D.F. en mev. [[Maria Malan]] woon in 1949 die openingsaand van die eerste Afrikaanse toneelopvoering deur die Nasionale Toneelorganisasie in [[Kaapstad]] by saam met genl. [[Jan Smuts]].]]
Hy het geleer om NG predikant te word aan die [[Victoria-kollege]] op [[Stellenbosch]] en sy doktorsgraad in diviniteit in [[1905]] aan die Universiteit van [[Utrecht]] in [[Nederland]] ontvang vir 'n proefskrif oor die filosofie van biskop Berkeley. Hy was predikant in die NG gemeente op [[Montagu]] en [[NG gemeente Graaff-Reinet]] en het 'n toer onderneem na die sendingstasies in [[Rhodesië]] (die teenswoordige [[Zimbabwe]]) en die [[Belgiese Kongo]] in [[1913]], waaroor hy 'n kort boek, ''Na Congoland'', geskryf het. In die "Penguin Dictionary of South African Quotations" word hy as volg aangehaal: "Ek het gevalle waargeneem waarin die kinders van Afrikaner-families so nakend soos kaffers in Kongoland rondhardloop."
 
84 972

wysigings