Verskil tussen weergawes van "Albertus van Rhyn"

In die Volksraad was hy een van die regering se voorste sprekers oor onderwys- sowel as geldsake. Die eerste belangrike maatreël wat hy deur die parlement geloods het, was die privaat wetsontwerp waardeur die Universiteitskollege van die Oranje-Vrystaat in 1950 tot 'n onafhanklike universiteit verhef is. Van Rhyn was skaars drie jaar in die Volksraad toe hy op [[15 Augustus]] [[1951]] as administrateur van [[Suidwes-Afrika]] aangestel is. Onder sy leiding het betrekkings met die Duitssprekendes aansienlik verbeter, veral aangesien hy Duits goed magtig was.
 
Ná twee jaar is Van Rhyn teruggeroep van Suidwes-Afrika af toe hy op [[8 September]] [[1953]] aangestel word as minister van gesondheid sowel as van mynwese. Twee maande later kon hy weer sy plek in die Volksraad inneem nadat hy 'n tussenverkiesing vir die NP in [[Vasco (kiesafdeling)|Vasco]] gewen het. Die jaar daarop het hy minister van ekonomiese sake en van mynwese geword, en hierdie portefeuljes tot 1958 behartig. Hy het die wetgewing oor pneumokoniose wat hy op die wetboek geplaas het, en die stryd om die vestiging van [[Sasol]], waarin hy ongenadige kritiek van die opposisie moes verduur, as hoogtepunte in sy ministersloopbaan uitgesonder. Van Rhyn was leier van die NP in Suidwes-Afrika, en met die [[Suid-Afrikaanse algemene verkiesing van 1958|algemene verkiesing van 1958]] is hy in die [[Windhoek (kiesafdeling)|kiesafdeling Windhoek]] tot Volksraadslid verkies.
 
 
== Hoë kommissaris ==
84 409

wysigings