Verskil tussen weergawes van "Albertus van Rhyn"

 
== Toetrede tot die perswese ==
[[Beeld:Die redaksie van Die Volksblad, omstreeks 1945.jpg|duimnael|regs|300px|''[[Volksblad|Die Volksblad]]'' se redaksie onder dr. Van Rhyn se redakteurskap. [[L.W. Hiemstra|Louis Hiemstra]] sit links van hom en [[Jannie Kruger]] regs.]]
 
In 1925 het hy die klaskamer vir die lessenaar van die koerantman verruil toe hy as redakteur van ''[[Volksblad|Die Volksblad]]'' aangestel word. Aangesien hy lief was vir die onderwys was dit vir hom moeilik om van loopbaan te verander. Hoewel hy hom nie as 'n bedrewe skrywer beskou het nie, het hy nogtans besluit om hom tot die koerantwese te wend. Van Rhyn het geskryf soos hy gepraat het en was bekend as 'n goeie spreker. Sy skryfwyse is geheel en al beïnvloed deur sy lewensbeskouing en sy gehegtheid aan die Afrikanervolk en sy kultuur. Deur middel van ''Die Volksblad'' het hy die Vrystaatse Afrikaner leer lees en daardeur die sirkulasiesyfer van die blad aansienlik opgestoot, maar dit was eers vyf jaar nadat hy die koerant verlaat het dat dit 'n wins kon toon.
 
Ná die oorlogsverklaring in September 1939, nadat genl. Hertzog se mosie van neutraliteit verslaan en hy as premier bedank het, het Van Rhyn in ''Die Volksblad'' 'n versoenende houding jeens Hertzog ingeneem, en die mislukking van die onderhandelings tussen Hertzog en die NP het hom diep teleurgestel. Die eise van die stryd het Van Rhyn op [[1 Februarie]] [[1944]] genoop om sy pos as hoofredakteur vir jaar neer te lê om geld in te samel vir die [[Republikeinse Strydfonds]] van die Herenigde Nasionale Party of Volksparty (HNP). Hy is gevra om £50 000 in te samel en ná twee jaar van opdraande stryd, nadat sy eerste jaartermyn met nog ’n jaar verleng is, kon hy £54 000 oorhandig wat in [[Suid-Afrikaanse algemene verkiesing van 1948|1948 tydens die verkiesing]] gebruik is om die HNP aan bewind te bring.
 
''Die Volksblad'' het onder Van Rhyn se hoofredakteurskap van meer as 20 jaar 'n deurslaggewende rol gespeel om die Vrystaat vir die NP te behou. Hoewel Hertzog 'n groot persentasie Nasionaliste met hom tydens Samesmelting in dié provinsie saamgeneem het, en gedreig het om die koerant te vernietig, het ''Die Volksblad'' staande gebly en 'n belangrike bydrae gelewer tot die uitbouing van die NP, veral tydens verkiesings tot en met 1948.
 
== Politieke loopbaan ==
84 856

wysigings