Verskil tussen weergawes van "Pous Adrianus VI"

geen wysigingsopsomming nie
|opvolger=[[Pous Clemens VII|Clemens VII]]
|geboortedatum=[[2 Maart]] [[1459]]
|geboorteplek= [[Utrecht]], [[Nederland]]
|sterftedatum=[[14 September]] [[1523]]
|sterfteplek=[[Rome]], [[Italië]]
'''Adrianus VI''' was die 218de [[pous]] van die [[Rooms-Katolieke Kerk]] van [[1522]] tot [[1523]]. Hy was die eerste en tot nou (2009) enigste pous uit Nederland. Na sy dood is slegs Italianers tot pous verkies tot in 1978 toe Karol Wojtyla uit Pole tot [[Pous Johannes Paulus II]] verkies is. Adrianus is ook die tweede laaste pous wat sy doopnaam gehou het toe hy pous geword het (die laaste een was [[Pous Marcellus II]]).
 
== Biografie ==
'''Pous Adrianus VI'''<ref>Adrian VI. (2008). [[Encyclopædia Britannica]]. Deluxe Edition. Chicago: Encyclopædia Britannica.</ref> is gebore as '''Adriaan Florenszoon Boeyens''' op [[2 Maart]] [[1459]] in [[Utrecht]], [[Nederland]]. Hy was die seun van Floris of Florens Boeyens en sy vrou Gertruida. Hy kry skoolonderrig in Zwolle en vanaf [[1478]] studeer hy filosofie, teologie en kerkreg aan die Universiteit van Leuven. In [[1489]] word hy hoogleraar aan die Universiteit. Op [[30 Junie]] [[1490]] word hy priester en pastoor van die Groot Begijnhof. Vanaf [[1507]] is hy leermeester van Karel V die kleinseun van Ferdinand II van Aragon. In [[1515]] vertrek hy na Spanje om Karel se belange te behartig. Op [[18 Augustus]] [[1516]] word hy biskop van Tortosa, op [[14 November]] [[1516]] hoof van die Inkwisisie van Aragon en op [[1 Julie]] [[1517]] word hy bevorder tot kardinaal deur [[Pous Leo X]]. Op [[9 Januarie]] [[1522]] volg hy [[Pous Leo X]] op as kompromie-kandidaat. Hy word op [[31 Augustus]] [[1522]] gekroon deur kardinaal Marco Cornaro en regeer tot sy dood op [[14 September]] [[1523]]. Hy word opgevolg deur [[Pous Clemens VII]]. Die naam ‘Adrianus’ beteken 'inwoner van Adrië'.
 
== Pontifikaat ==
'''Pous Adrianus VI'''<ref>Loughlin, J. (1907). Pope Adrian VI. In The Catholic Encyclopedia. New York: Robert Appleton Company. Besoek Oktober 2, 2009 by: http://www.newadvent.org/cathen/01159b.htm</ref> sien as sy vernaamste take die bestryding van die Reformasie, die hervorming van die Kerk en die vereniging van die Christelike magte teen die aanvalle van die Turke in [[Hongarye]] en die Griekse eiland [[Rhodos]]. Hy het uiters sober gelewe, wat hom gehaat gemaak het in Rome. Deur sy weifelende houding in komplekse probleme het hy die bynaam "videbimus" (Ons sal sien...) gekry. Aanvanklik het hy neutraal gestaan in die stryd tussen die politieke magte van sy tyd, hoewel hy goed bevriend was met keiser Karel V. Op [[15 April]] [[1523]] dring hy aan koning Frans I van Frankryk 'n wapenstilstand met keiser Karel op, met die dreiging van [[ekskommunikasie]] en interdik. Dit het 'n totale breuk met Frankryk veroorsaak en op [[3 Augustus]] [[1523]] sluit die pous hom totaal aan by keiser Karel. Op [[5 Augustus]] [[1523]] word hy ernstig siek en sterf op [[14 September]].
 
=== Heiligverklarings ===
* [[31 Mei]] [[1523]] : Sint Antonius van Florence.
* [[31 Mei]] [[1523]] : Sint Benno.
 
=== Die kollege van Kardinale ===
Pous Adrianus VI het slegs een kardinaal aangestel.
 
==== Die konsistorie van [[10 September]] [[1523]] ====
* Willem van Enckenvoirt, biskop van Tortosa.
 
== Bibliografie ==
* Duff, Eamon (2001). ''Saints and Sinners: A History of the Popes'', Yale University Press. ISBN 03000916560-300-09165-6.
* Maxwell-Stuart, P. G. (2002). ''Chronicle of the Popes: The Reign-by-Reign Record of the Papacy from St. Peter to the Present'', Thames & Hudson. ISBN 05000179800-500-01798-0.
 
== Verwysings ==
{{Verwysings}}
 
== Eksterne skakels ==
{{En-Wikisource info|Catholic Encyclopedia (1913)/Pope Adrian VI}}
* {{CE|http://www.newadvent.org/cathen/01159b.htm}}
{{Commons|Hadrianus VI}}
 
== Nota ==
Saamgestel en vertaal uit die [[:nl:Paus Adrianus VI|Nederlandse]], [[:en:Pope Adrian VI|Engelse]], [[:de:Hadrian VI.|Duitse]] en [[:fr:Adrien VI|Franse]] wikipedia en aangevul uit ander bronne soos aangedui.
 
== Opvolging ==
{{s-start}}
{{s-bef|voor=[[Pous Leo X|Leo X]]}}
{{pouse}}
{{teenpouse}}
Basis-URL: http[[://nl.wikipedia.org/wiki/Paus_Adrianus_VI:Paus Adrianus VI]]
 
[[Kategorie:Pouse|Adrianus VI]]