Verskil tussen weergawes van "Rooiverskuiwing"

geen wysigingsopsomming nie
k
[[Lêer:Redshift blueshift.svg|thumbduimnael|Rooi- en blouverskuiwing.]]
In die [[natuurkunde|natuur-]] en [[sterrekunde]] vind '''rooiverskuiwing''' of slegs '''rooiskuif''' plaas wanneer die [[lig]] van ’n voorwerp wat van die waarnemer wegbeweeg, proporsioneel toeneem in [[golflengte]] (en afneem in [[frekwensie]]), en dus verskuif na die [[rooi]] kant van die [[sigbare spektrum|spektrum]]. Die teenoorgestelde effek, wanneer ’n verskuiwing plaasvind na ’n korter golflengte (en groter frekwensie), dus na die blou deel van die spektrum, word '''blouverskuiwing''' genoem. Dit gebeur wanneer ’n voorwerp in die rigting van die waarnemer beweeg.
 
In die [[natuurkunde|natuur-]] en [[sterrekunde]] vind '''rooiverskuiwing''' of slegs '''rooiskuif''' plaas wanneer die [[lig]] van ’n voorwerp wat van die waarnemer wegbeweeg, proporsioneel toeneem in [[golflengte]] (en afneem in [[frekwensie]]), en dus verskuif na die [[rooi]] kant van die [[sigbare spektrum|spektrum]]. Die teenoorgestelde effek, wanneer ’n verskuiwing plaasvind na ’n korter golflengte (en groter frekwensie), dus na die blou deel van die spektrum, word '''blouverskuiwing''' genoem. Dit gebeur wanneer ’n voorwerp in die rigting van die waarnemer beweeg.
Hoe vinniger die voorwerp wegbeweeg, hoe langer word die golflengte en hoe groter is die rooiverskuiwing. Dieselfde effek in geluidsgolwe kom voor by die verandering in toonhoogte van byvoorbeeld ’n ambulans se sirene terwyl dit na ons ry of van ons af wegry: wanneer ’n ambulans na ‘n waarnemer beweeg, verkort die klankgolwe en word ‘n hoër toonhoogte gehoor en wanneer die ambulans wegbeweeg, word die golflengtes langer en word ‘n laer toonhoogte gehoor.
 
Hoe vinniger die voorwerp wegbeweeg, hoe langer word die golflengte en hoe groter is die rooiverskuiwing. Dieselfde effek in geluidsgolwe kom voor by die verandering in toonhoogte van byvoorbeeld ’n ambulans se sirene terwyl dit na ons ry of van ons af wegry: wanneer ’n ambulans na ‘n'n waarnemer beweeg, verkort die klankgolwe en word ‘n'n hoër toonhoogte gehoor en wanneer die ambulans wegbeweeg, word die golflengtes langer en word ‘n'n laer toonhoogte gehoor.
 
In die praktyk is die rooiverskuiwing in liggolwe net meetbaar in voorwerpe in die [[heelal]] wat minstens ’n paar miljoen [[ligjare]] van die [[Aarde]] af is en teen baie hoë snelhede beweeg. Dit vind plaas vanweë die [[Doppler-effek]] en ’n sterk [[swaartekrag]]veld waardeur die straling hom voortplant.
 
Rooiverskuiwing is veral belangrik in die sterrekunde omdat die meeste voorwerpe in die ruimte wegbeweeg van die Aarde af vanweë die uitdying van die heelal.
 
== Die meting van rooiverskuiwing ==
[[Lêer:Redshift.svg|thumbduimnael|Die spektraallyne in die sigbare spektrum van ’n [[superswerm]] in ’n verafgeleë [[sterrestelsel]] (regs), in vergelyking met die lyne in die spektrum van die [[Son]] (links). Die pyle dui die rooiverskuiwing aan. Golflengtes word langer en skuif na die rooi kant van die spektrum.]]
 
Die spektrum van lig wat van ’n enkele voorwerp kom, kan gemeet word. [[Element]]e toon spesifieke [[spektraallyn]]e in dié spektrum. ’n Baie algemene element in die ruimte is [[waterstof]]. As lig op Aarde deur waterstof skyn, het dit spesifieke spektraallyne, wat soos dié in die illustrasie regs lyk. In lig van ’n verafgeleë voorwerp wat van die Aarde wegbeweeg, sal die spektraallyne dieselfde lyk, maar hul golflengte sal langer wees.
 
Rooiverskuiwing word kwantitatief uitgedruk in die relatiewe verandering ''z'' van die golflengte ''λ'' ten opsigte van die uitgestuurde golflengte ''λ<sub>0</sub>'':
 
: <math>z=\frac{\lambda-\lambda_0}{\lambda_0}=\frac{f_0-f}{f}</math>
 
Uitgedruk in frekwensies is ''z'' die relatiewe verandering van die uitgestuurde frekwensie ''f<sub>0</sub>'' ten opsigte van die waargenome frekwensie ''f''.
 
As die rooiverskuiwing die gevolg is van die Doppler-effek omdat die ligbron met ’n snelheid ''v'' van die waarnemer wegbeweeg, is:
: <math>z=\sqrt{\frac{c+v}{c-v}}-1=\sqrt{\frac{1+\frac vc}{1-\frac vc}}-1</math>
 
As ''z'' ’n positiewe getal is (''z'' > 0), is dit ’n rooiverskuiwing; as dit ’n negatiewe getal is (''z'' < 0), ontstaan ’n blouverskuiwing.
 
Vir snelhede ''v'' wat baie kleiner is as die ligsnelheid ''c'', geld die volgende formule vir ’n benaderde rooiverskuiwing:
 
: <math>z\approx\frac vc.</math>
 
== Verdere leesstof ==
* [http://coolcosmos.ipac.caltech.edu/cosmic_classroom/cosmic_reference/redshift.html Inskrywing by Cosmic Reference Guide]
{{CommonsKategorie-inlyn|Redshift}}
* [[Lêer:Crystal txt.png|15px]] Hierdie artikel is vertaal uit die [http[://en.wikipedia.org/wiki/:Redshift |Engelse]] en [http[://nl.wikipedia.org/wiki/:Roodverschuiving |Nederlandse Wikipedia]</small>]
 
[[Kategorie:Ruimteverskynsels]]