Verskil tussen weergawes van "Tanis"

7 grepe verwyder ,  4 jaar gelede
geen wysigingsopsomming nie
k (General Fixes using AWB)
'''Tanis''' ([[Egipties]]: Djanet, [[Arabies]]: صان الحجر) was ’n stad van [[Antieke Egipte]]. Die ruïnes is geleë in die noordoostelike [[Nyldelta]] aan ’n tak van die [[Nyl]] wat lank reeds toegeslik het.
 
== Geskiedenis ==
{{Hiero | Djanet (''ḏˁn.t'')| <hiero>D:a-n:t*Z1-mw:N36-N21:niwt-.- of D:a-n:,:t*niwt</hiero> | align=left}}
{{Inligtingskas Antieke terreine
| naam = Tanis
| beeld = Ruins of Tanis.jpg
| onderskrif = Die ruïnes van Tanis.
| plaaslik = Djanet<br />صان الحجر
| land = [[Egipte]]
| koördinate = {{Koördinate|30|58|37|N|31|52|48|O}}
| soort = Nedersetting
| gestig = [[21ste Dinastie]] <br />of [[Nuwe Ryk]]
}}
[[Lêer:Ancient Egypt BenedeEgipte.png|thumbduimnael|265px|’n Kaart van Benede-Egipte wat die ligging van Tanis aandui.]]
Tanis het in die [[Derde Oorgangstydperk van Egipte|Derde Oorgangstydperk]] saam met [[Thebe, Egipte|Thebe]] gedien as ’n godsdienstige sentrum. Die eerste argeologiese bewyse kom uit die [[21ste Dinastie]], maar baie geleerdes glo dit dateer uit die laat [[Nuwe Ryk]]. Die stad is waarskynlik gestig nadat ’n tak van die Nyl toegeslik het en die inwoners na ’n nuwe gebied aan ’n ander tak getrek het. Tanis het later bekend geword as "die Thebe van [[Benede-Egipte]]".
 
Dit was die tuisstad van onder andere [[Smendes]], die stigter van die 21ste Dinastie. Tydens die [[22ste Dinastie]] het Tanis die politieke hoofstad van Egipte gebly, hoewel daar altyd ander stede in Benede- en [[Bo-Egipte]] was wat die hoofstad van ander dinastieë was. Dit was ’n belangrike handels- en strategiese stad, maar in die [[6de eeu]] n.C. het die Manzala-meer gedreig om dit te verswelg. Die inwoners het die stad toe verlaat en ’n nabygeleë stad, Tennis, gestig.
 
== Ruïnes ==
Verskeie argeologiese uitgrawings is van die 19de eeu af by Tanis gedoen, onder andere deur [[Flinders Petrie]] en [[Auguste Mariette]]. In 1866 is die Verordening van Canopus op die terrein ontdek. Dit was soortgelyk aan die [[Rosettasteen]] en is net soos laasgenoemde geskryf in [[Egiptiese hiërogliewe]], [[Demoties]] en [[Grieks]]. Dit het baie daartoe bygedra dat die antieke hiërogliewe ontsyfer kon word.
 
Die hoofgode van Tanis, wat die stad se triade gevorm het, was [[Amoen]], sy vrou [[Moet]] en hul seun [[Chonsoe]] – dieselfde as die [[Thebaanse Triade]].
 
== Eksterne skakels ==
* [http://www.tanis-sanelhagar.fr/ Franse argeologiese sending van Tanis]
* [http://www.archaeology.org/0505/abstracts/tanis.html Artikel oor die skatte van Tanis]
* [http://www.lexicorient.com/egypt/tanis.htm Reisinligting oor Tanis]
{{CommonsKategorie-inlyn|Tanis, Egypt}}
* [[Lêer:Crystal txt.png|15px]] Hierdie artikel is vertaal uit die [http[://en.wikipedia.org/wiki/:Tanis |Engelse Wikipedia]]
 
[[Kategorie:Nedersettings in Antieke Egipte]]