Verskil tussen weergawes van "Animasie"

10 grepe bygevoeg ,  4 jaar gelede
geen wysigingsopsomming nie
(Skakel vir nuwe artikel)
</div>
 
'''Animasie''' is die vinnige vertoning van 'n reeks beelde van tweedimensionele kunswerke of modeleposisies in 'n poging om die illusie van beweging te skep. Dit is dus 'n optiese illusie wat waargeneem word as gevolg van die volharding van visie en kan geskep en gedemonstreer word op verskillende maniere. Die algemeenste metode van vertoning is as 'n rolprent of videoprogram, alhoewel daar ook verskeie ander vorms bestaan waarop animasie voorgestel kan word.
 
Animasie is 'n rolprent''medium'', alhoewel dit dikwels (foutiewelik) as 'n genre beskou word. Animasierolprente kan egter tot enige rolprentgenre behoort, vanaf [[wetenskapsfiksie]] en [[fantasie]] tot [[drama]] en [[komedie]]. Alhoewel animasie 'n kamera, klank, kleur en stemme gebruik, gebeur al die bewegings, toneelspel, beligting, kostumering en stelinkleding eerstens op papier.
Toe animasie van die begin van televisie uitsendings in die jare Vyftig in die VSA groot aanhang onder die kinders geniet het is die seksuele ondertone verwyder.
Die koste van die kort animasie was in die begin jare baie laag ($25,000 vir 'n ordentlike kort cartoon) maar tydens die Tweede Wêreld Oorlog het die koste van een Superman animasie opgeskiet na $90,000. Dit het die vervaardiging van animasie onbetalend duur gemaak totdat Walt Disney met sy vollengte-animasierolprente die kunsvorm weer lonend gemaak het.
Snow White and the Seven Dwarfs, [[Bambi]] tot Toy Story 2 was loket treffers en Warner Bros, en MGM het ook op die wa gespring. Deesdae is Steven Spielberg se DreamWorks ook op die wa met Antz en Prince of Egypt.
 
Tegnologie het animasie nog goedkoper en meer aanloklik gemaak. Disney se Beauty and the Beast het eerste rekenaar gegenereerde beelde ingespan om die meesterwerk te skep. Toy Story 1 en 2, Antz, Prince of Egypt en Titan, AE het animasie verder gemoderniseer.